Drie van Oniipa-dorpsraad in hegtenis oor korrupsie
Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) het die burgermeester, mnr. David Kambonde, die adjunk-burgemeester Hileni Idhogela, sowel as mnr. Thomas Matsi, voormalige voorsitter van die bestuurskomitee van die Oniipa-dorpsraad vir korrupsie wat met aanstellings verband hou, in hegtenis geneem. Die inhegtenisname volg ná 'n omvattende ondersoek in beweringe van korrupsie teen lede van die bestuurskomitee van die dorpsraad.
Die drie het in die landdroshof in Ondangwa verskyn en is op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat. Die saak is tot 7 September vir regsverteenwoordiging uitgestel.
Die drie het in die landdroshof in Ondangwa verskyn en is op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat. Die saak is tot 7 September vir regsverteenwoordiging uitgestel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie