Drie vas, drie gesoek ná rooftog

Buurtwag, sekuriteitswagte en polisielede het saam gewerk in die reaksie.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Drie vermeende gewapende rowers is nog op vrye voet nadat die polisie drie van hul makkers reeds vasgetrek het.

Volgens ’n Namibiese polisieverslag het ses mans Dinsdag omstreeks 07:00 by Metro Cash & Carry in Tsumeb ’n voertuig van Namibia Protection Service (NPS) se bande stukkend geskiet en hul gewere op die sekuriteitswagte gerig terwyl hulle geldbokse van sowat N$600 000 gesteel het.

Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het die polisie rede om te glo dat die voortvlugtendes na Gobabis onderweg was.

Drie van die verdagtes is ná samewerking tussen die polisie Rubicon-sekuriteit en Tsumeb se buurtwag in hegtenis geneem. Twee is op die dag van die voorval vasgetrek en die derde verdagte is Woensdag in Windhoek opgespoor.

Die motors waarin die verdagtes gevlug het en die geldbokse met die geld steeds binne, is gevind. ’n Pistool is ook gekry en na bewering is met die reeksnommer gepeuter.

Die polisieondersoek en die soektog na die oorblywende drie verdagtes duur voort.

TRANSITO-ROOFTOGTE

’n Groep mans wat na bewering verantwoordelik is vir die transito-rooftog van sowat N$900 000 by Black Chain-inkoopsentrum in Katutura op 20 September, is in hegtenis geneem en het verlede maand in die landdroshof in Katutura verskyn.

Borgtog is nie aan die vermeende rowers, mnre. Auala Patrick, Andreas Katonyala, Simon Ndimulunde en Johannes Noag, toegestaan nie.

Volgens Shikwambi is die polisieondersoek steeds aan die gang en word die inhegtenisneming van meer verdagtes in verband met die voorval verwag.

• Op 31 Julie in Okahandja is ’n transito-voertuig beroof van geld wat vanaf ’n Bank Windhoek outomatiese tellermasjien vervoer moes word.

Die verdagtes het twee sekuriteitswagte met vuurwapens gedreig en het met N$930 000 in geldbokse weggekom.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!