Drie vas oor horings, ivoor
Dertien vermeende wildmisdadigers is verlede week in hegtenis geneem en ses nuwe sake aanhangig gemaak.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 20 tot 26 Julie van die Namibiese polisie en die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, is twee verdagtes in verband met renosterstropery of horingsmokkelary in hegtenis geneem. Mnre. Murumbua Vetjesavi en Richard Kandjii is by Otjondjeka in hegtenis geneem en beslag is op twee renosterhorings en 'n voertuig gelê.
Nog 'n verdagte, mnr. Matheus Mukoya Katjire, is verlede Woensdag op Divundu in verband met olifantstropery of ivoorsmokkelary vasgetrek en twee olifanttande is gekonfiskeer.
Beslag is op altesaam vyf voertuie, sewe gemsbokkarkasse, vier ietermagôvelle, een lewende ietermagô en een lewende blouaap gelê. 'n Leeu- en 'n jagluiperdvel is ook gekonfiskeer.
Mnr. Gideon Petrus Ellis, Marvin Tjihukununa, Morethen Katjipi, en Uaandjua Tjingovera is verlede Dinsdag in Windhoek in hegtenis geneem en beslag is op een lewende ietermagô, vier ietermagôvelle en 'n voertuig gelê.
Mnr. Immanuel Joseph is verlede Dinsdag by Outapi glo met 'n lewende blouaap vasgetrek.
Mnre. Penrich Gonteb, Elvis Anamab en Gerson Derrick Mbahuma is op Walvisbaai in hegtenis geneem glo met sewe gemsbokkarkasse in hul besit. Die polisie het op twee van hul voertuie beslag gelê.
Mnre. Rosswin Witbooi en
Le Roy Kambrude is verlede week in Wanaheda in die hoofstad glo met 'n leeu- en 'n luiperdvel in hul besit in hegtenis geneem.
Al die verdagtes is Namibiërs.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie