Drie vas oor miljoene se bedrog
'n Ondersoek wat al in Oktober 2011 begin het, het vandeesweek tot die inhegtenisneming van drie persone gelei.
Hulle het na bewering bykans N$6 miljoen verduister.
Mnr. Gavilan Theodor Klazen en me. Veronica Leonette Klazen het volgens die Teen-korrupsie Kommissie (ACC) Maandag reeds in die landdroshof in Swakopmund verskyn op altesaam 444 klagte wat wissel van bedrog tot korrupsie, vervalsing en geldwassery.
Mnr. Carl David Marx is vandag voor die hof gedaag.
Die beweerde oortredings het tussen 2008 en September 2011 by Wesbank Transport plaasgevind deur die doelbewuste manipulering van rekordstelsels.
'n Nuusverklaring wat laat vanmiddag deur mnr. Nelius Becker, die ACC se hoof vir ondersoeke en vervolging, uitgereik is, sê mnr. en me. Klazen is op borgtog van onderskeidelik N$50 000 en N$30 000 vrygelaat. Hulle moes ook hul reisdokumente inhandig en bykomende voorwaardes geld.
Marx is op borgtog van N$30 000 vrygelaat.
Mnr. Mark George van Wyk, ’n ander beweerde betrokkene, is sedertdien oorlede.
Die verhoor sal in Erongo se streekhof plaasvind.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie