Drie vas oor renosterstropery
Francoise Steynberg - Drie vermeende renosterstropers met 'n vuurwapen is gister vasgetrek nadat 'n renosterkarkas Vrydag by 'n lodge in die Gobabis-distrik ontdek is.
Volgens die hoof van die Blue Rhino-taakspan, komm. Barry de Klerk, is die renoster se horings verwyder waarmee ander verdagtes het op die vlug geslaan.
"Drie verdagtes is gister deur die Gobabis-polisie en teenstropingseenhede vasgetrek, maar die ander met die horings in hul besit is nog op vrye voet," het De Klerk aan Republikein gesê.
Hy het bevestig dat dit die eerste renosterstropery-geval by die lodge in die Gobabis-distrik is. Weens veiligheidsredes word die naam van die lodge weerhou.
Die polisieondersoek duur voort
- [email protected]
Foto ter illustrasie Francoise Steynberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie