Drie vermoor in aanval op polisie
Drie polisiebeamptes is Sondag in Baton Rouge, in die Amerikaanse deelstaat Louisiana, doodgeskiet en verskeie is gewond, het die stad se burgemeester gesê.
Dit volg kort op die hakke van skietvoorvalle waarin swart mans deur die polisie doodgeskiet is en die skietdood van vyf polisiebeamptes in Dallas in die Amerikaanse deelstaat Texas.
Die polisie in Baton Rouge het gereageer op ’n noodoproep dat skote geskiet word, toe hulle deur die gewapende man voorgelê is, het Kip Holden, die burgemeester, aan NBC gesê.
Die gewapende man, Gavin Eugene Long, was ’n voormalige seesoldaat en het voorheen in Irak diens gedoen. Sy laaste adres was in Kansas City, Missouri. Hy is op die toneel deur die polisie doodgeskiet.
’n Woordvoerder van die polisiekantoor van East Baton Rouge het gesê die polisie en owerhede van die stad was by die skietvoorval betrokke.
“Verskeie amptenare van albei agentskappe is beseer en hulle is na hospitale geneem,” het die woordvoerder in ’n e-pos gesê.
Hoewel die toneel van die skietvoorval, naby die Airline-hoofweg, onder beheer gebring is, het die polisie inwoners versoek daar weg te bly.
Dit is minder as twee kilometer van die Baton Rouge-polisiehoofkwartier waar duisende betogers vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem is.
Daar was onlangs protesoptogte teen polisiegeweld in Baton Rouge nadat ’n 37-jarige Afro-Amerikaanse man vyf keer op ’n kort afstand deur die polisie geskiet is.
By een van die betogings in Dallas het ’n gewapende man vyf wit polisielede doodgeskiet.
- Nampa/AP/Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie