Drie wedlope sneuwel tot 2021
Drie wedlope sneuwel tot 2021

Drie wedlope sneuwel tot 2021

Padwedlope
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die tweede 10 kilometer Spar-wedloop op Oshakati, die sewende Navachab Gold-halfmarathon by Karibib en die agtste Erongo PowerSave-straatmyl op Omaruru, is weens Covid-19-inperkings tot volgende jaar uitgestel.

Al drie wedlope het in die verlede goeie plaaslike asook interkon­tinentale ondersteuning geniet.

Die 10 km Spar-wedloop tussen Oshakati en ­Ongwediva moes op Saterdag 29 Augustus plaasgevind het. Volgende jaar kan volgens skatting meer as 900 atlete op 28 Augustus in die noorde vir dié gesogte ren aantree waarvan Spar Namibië, Oshakati & Ongwediva Spar asook Coca-Cola die borge is.

Die QKR Navachab Gold-halfmarathon het sedert sy ontstaan in 2014 'n jaarlikse instelling in die Erongostreek geword. Op 19 September sal Karibib se strate egter nie weer vol ywerige drawwers wees nie. Dié volgende wedloop oor 21.1 km sal eers weer op 18 September 2021 afgesit word met die rugsteun van FNB Karibib, NamMed, Namagra, Coca-Cola en die ­Navachab-goudmyn wat dit moontlik maak.



OMARURU-STRAATMYL

Sedert die ontstaan van die Omaruru-straatmyl, is dié wedloop oor 1.6 km reeds by sewe geleent­hede afgeblits.

Vanjaar was 17 Oktober op die almanak vir die agtste ­weergawe afgemerk, maar nou sal dit eers volgende jaar op 16 Oktober met meer as 1 100 deelnemers in verskillende kategorieë gehou word. PowerSave Omaruru, FNB Omaruru, Namib Mills met Pasta Polana en Coca-Cola sal opnuut die byeenkoms borg.

Bethold Karumende, hoofsportbeamte van die Erongostreek, sê die veiligheid van deelnemers is van uiterste belang vir die ­organiseerders.

“Ons het met al die betrokke partye gesels en besluit om ook die 10 km-wedloop in die noorde te kanselleer. Ek wil die hoofborge en ander ondersteunende borge vir hul volgehoue betrokkenheid by die drie padwedlope bedank. Dié byeenkomste sal in 2021 groter en beter terug wees om deur almal geniet te word,” het hy laat weet.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!