Drie wou renoster glo stroop
Francoise Steynberg - Drie mans het glo probeer om ’n renoster in die Okahandja-distrik te stroop.
Mnre. Kandje Ngumbi, Kunouwa Tjambiru en Lubasi Mufaya het op Oujaarsdag in die dorp se landdroshof op klagte van sameswering om ’n renoster te jag en die oortreding van die wet op wapens en ammunisie verskyn.
Dié drie Namibiërs is die vorige dag glo met een .303-jaggeweer en 31 patrone in hul besit in hegtenis geneem.
Hulle bly in aanhouding en hul saak is tot 20 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.
Volgens die polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid se weeklikse wildmisdaadverslag vir 30 Desember tot 5 Januarie is dié drie verdagtes deel van ’n groep van agt wat in verband met wildmisdaad in hegtenis geneem is.
Vier nuwe sake is aanhangig gemaak.
Twee verdagtes is op 2 Januarie glo met vier olifant- en twee seekoeitande op Rundu in hegtenis geneem.
Die polisie het beslag hierop gelê, asook op een luiperdvel, twee krokodilvelle, een swartkwasmuishondvel, twee vuurwapens en 50 patrone.
Op 3 Januarie is man in Wanaheda in hegtenis geneem, wat glo in die besit van een AK47-aanvalsgeweer en 19 patrone was.
Die twee mans wat op 3 Januarie glo met ’n luiperdvel, twee krokodilvelle en een swartkwasmuishondvel op Nkurenkuru in die Kavango-Wesstreek vasgetrek is, is op borgtog van N$8 000 elk vrygelaat.
Mnre. Haingura Patrick (54) en Richard Malimbo (30) het verlede week in die rondgaande hof op Kahenge verskyn.
Hulle staan tereg op ’n klag van die onwettige besit van en handel in beheerde wildprodukte ter waarde van N$240 000.
Die saak is tot 10 Maart vir verdere ondersoek en pleitdoeleindes uitgestel.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie