Driedaagse toets teen Proteas gewen
Dié uitslag is vol belofte in die aanloop tot die 2019 wêreldkampioenskap by dieselfde venue.
Spesieshengel Namibië het verlede week vir die eerste keer in sy geskiedenis in 'n nasionale kompetisie teen sy Suid-Afrikaanse eweknie meegeding en het boonop as wenners uit die stryd getree.
Die Proteas se karphengelspan is by die Bloemhofdam die stryd aangesê.
Die Namibiërs se strewe was om ondervinding op te doen teen 'n span wat die wêreldkampioenskap in karphengel reeds vier keer agtereenvolgens gewen het.
Terselfdertyd sou die blootstelling by die Bloemhofdam ook van groot waarde wees, omdat die 2019 wêreldkampioenskap in karphengel juis in Februarie daar aangebied gaan word.
By die verwelkomingseremonie het die huidige sameroeper van karphengel in Suid-Afrika, mnr. Pieter White, benadruk dat die kompetisie behoort te dien om die grondslag te lê vir 'n byeenkoms wat later tot 'n volwaardige kontinentale kampioenskap met spanne van Suid-Afrika, Namibië, Zimbabwe, Tunisië, Marokko, Egipte en ander lande kan groei.
Erkenning kan dan van die wêreldbeheerliggaam vir karphengel, die FIPSed, versoek word.
'n Totaal van tien penne is opgestel waarin elk twee hengelaars toegeken was. Die kompetisie is oor 72 uur beslis, met beamptes wat elke nege ure die vis kom inweeg het. Elke span se mikpunt was om in dié periode met die swaarste sak vis vorendag te kom.
In elke sone het 'n pen van Suid-Afrika teen 'n Namibiese pen meegeding, naamlik pen 1 teen pen 2, pen 3 teen pen 4, ensovoorts.
Die loting en uitslae
was soos volg:
Pen 1, W. Petrie en K. Goosen (SA Proteas), 89 visse, 286,5 kg
Pen 2, Willie Sowden en Marc Schumacher (Namibië), 118 visse, 434.3 kg
Pen 3, J. Fritz en H. Henning (SA Proteas), 146 visse, 424.9 kg
Pen 4, Anton Seabrooke en Gerhard van Niekerk (Namibië), 201 visse, 560,7 kg
Pen 5, G.P. Nel en J. de Klerk (SA Proteas), 250 visse, 710.9 kg
Pen 6, I. Nambali en P. Orange (Namibië), 60 visse, 150.5 kg
Pen 7, Y. Surtee en P. Greyling (SA Proteas), 106 visse, 314.4 kg
Pen 8, D. Oberholzer en R. White, 49 visse, 163.4 kg
Pen 9, L. Louwies en R. Kotze (SA Proteas), 94 visse, 290.0 kg
Pen 10, J. Sowden en W. Dames, 63 visse, 183.1 kg
Namibië het twee van die topdrie posisies ingeneem en sodoende vir die eerste keer in die geskiedenis 'n toets teen Suid-Afrika in dié hengelsport beklink.
Die Namibiese span is in ekstase oor die uitslag en het nou sy fokus verskuif om voor te berei op die wêreldkampioenskap in karphengel – 'n byeenkoms waarin die land in 2008 'n bronsmedalje beklink het.
Die swaarste karp van die kompetisie is deur Suid-Afrika se J. Fritz gevang (6.17 kg). Die totale massa van 3 519 kg vis is gedurende die 72 uur periode uitgetrek.
Die volgende kompetisie in Namibië wat oor 72 uur strek, sal in Oktober aangebied word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie