Driejarige sterf nu00e1 inspuitings teen hondsdolheid
Driejarige sterf nu00e1 inspuitings teen hondsdolheid

Driejarige sterf ná inspuitings teen hondsdolheid

Die pa van die meisie moes glo twee jaar vir sy dogter se mediese rekords wag.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die pa van ’n driejarige meisie wat dood is op dieselfde dag wat sy inspuitings teen hondsdolheid in die Katutura-hospitaal ontvang het, dagvaar die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste vir duisende dollar in skadevergoeding.

Mnr. Matheus Katonyala Nekwiyu is ’n voorraadkontroleerder by Namibia Breweries Ltd. en die pa van Shaziriah Jacinta Mweneni du Plessis wat in 2017 dood is.

Volgens hofstukke is Shaziriah op 23 Maart 2017 deur ’n hond gebyt terwyl sy in die sorg van haar tannie, me. Estella Shimoneni, was. Sy is na die Katutura-hospitaal vir behandeling geneem en het glo van geen ander skete gekla nie.

Ná ’n ondersoek deur ene dr. Amundaba is Shaziriah na ’n kamer verwys om medikasie te kry wat hy voorgeskryf het.
Shimoneni en Shaziriah is hierna terug huis toe waar sy kort ná hul aankoms begin sukkel het om asem te kry. Shimoneni het haar terug hospitaal toe geneem waar sy met hul aankoms aan personeel gesê het Shaziriah haal nie asem nie. Sy is na ’n ondersoekkamer geneem waar ’n ondersoek bevind het haar “pupille was verstar en verwyd, met geen pols, hartklop of asemgeluide nie”.
Kardiopulmonêre resussitasie (CPR) is sonder enige sukses op haar toegepas.

Volgens Nekwiyu het hy ná sy dogter se dood geen kennis van die oorsaak gedra nie, buiten dat sy gesterf het nadat sy mediese behandeling by die hospitaal ontvang het. Sy regsverteenwoordigers het ook verskeie geskrewe navrae vir sy dogter se mediese rekords aan die ministerie gerig in ’n poging om vas te stel wat gebeur het voordat sy dood is.
Van dié navrae aan onder meer die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP), die adjunkkommissaris van die staatslykhuis, die hoof van die Nasionale Instituut vir Forensiese Wetenskap, die kantoor van die prokureur-generaal en die adjunk- uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid dateer almal uit 2017, die jaar waarin Shaziriah gesterf het.
Nekwiyu sê die ministerie het “onredelik lank” geneem om haar mediese rekords te verskaf.

Hy het eers twee jaar later op 14 Mei 2019 sy dogter se lêer van die kantoor van die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie ontvang, nadat hy die polisie ook om hulp genader het.

Nekwiyu eis N$600 000 vir emosionele en sielkundige skok en trauma, N$50 000 vir vermoënskade en N$200 000 vir mediese uitgawes met betrekking tot sielkundige evaluering en berading. Die staat se verweer is Nekwiyu het te lank – eers drie jaar later – ná sy dogter se dood eers die eis ingedien.

Die staat betwyfel ook die aanname dat Shaziriah se tannie haar betyds hospitaal toe geneem het. Haar tannie het ook nie ’n ambulans gebel om haar na die hospitaal te vervoer toe sy asemnood ervaar het nie. Met verwysing na die twee inspuitings teen hondsdolheid, sê die staat dis voldoende gestoor en was veilig vir gebruik vir mense.

Volgens die staat het Nekwiyu nie die nodige stappe gedoen om te verseker sy dogter word nie deur ’n hond gebyt nie en om haar betyds vir behandeling na die hospitaal te neem toe dit duidelik word dat sy ongesteld was nie.
Die staat vra dat die eis met koste van die hand gewys word.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!