Driekampklub koop dinosourusse
Tanja Bause - Twee jaar gelede het Republikein berig oor die beeld wat mnr. Apollus Mbaoroka van ’n dinosourus gemaak het.
Me. Charmaine Shannon van die T-Rex Tribe Namibia-driekampklub het die dinosourus onlangs gekoop.
“My ma het die foto in die koerant gesien en geweet ek is op soek na ’n dinosourusbeeld. Sy het my aangemoedig om plaaslike kunstenaars te ondersteun, en dit is hoe ek en Apollus bymekaar uitgekom het. Dit is nou wel ’n beeld van ’n spinosaurus, maar hy sal nog vir my ’n T-Rex maak,” sê sy.
Mbaoroka is nie as kunstenaar opgelei nie.
Hy het jare lank by ’n maatskappy gewerk waar hy veselglasdakke vir bakkies gemaak het.
Vandag rond hy sy kunswerke met veselglas af.
“Ek maak ’n raamwerk van draad en ogiesdraad. Dit is die basis van my kunswerk. Dan week ek koerantpapier in water oornag sodat dit ’n pap word. Die pap sit ek op die raamwerk en vorm dit tot dit soos die eindproduk lyk. Dan sit ek veselglas oor en verf dit,” sê hy.
Die veselglas maak die kunswerk teen reën en son bestand.
“Kinders kan daaraan vat en dit sal nie beskadig nie,” sê hy.
“Dit is iets wat baie belangrik is, want die kinders wat T-Rex toe kom, is mal oor die dinosourus. Hulle vat gedurig daaraan. T-Rex bied swem-, fietsry- en driekamplesse vir kinders aan,” sê Shannon.
Mbaoroka het ook ’n babadinosourus gemaak wat uit ’n eier klim.
“Ek wou kinders wys hoe dinosourusse gebore word, en Charmaine het die baba ook by my gekoop,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie