Driekuns aan drieë vir Springbok se seun
Rugby
Stephen Nell – Die Maties het Donderdag op Tuks se B-veld die teleurstelling van hul nederlaag teen die Ikeys agter hulle gesit deur die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) ’n drag slae van 43-21 te gee.
Voor die afskop was daar ’n persepsie dat die manne in maroen kwesbaar sou wees, maar dis dubbel en dwars die nek ingeslaan deur hul puik agttal in ’n eensydige Varsitybeker-rugbywedstryd.
UWK het in die laaste paar minute hul telling ’n bietjie gepoets met mooi drieë wat deur Tinotenda Mavesere en Patrick Kotzé afgerond is.
Dan het hulle ook baie goed verdedig wanneer die Maties die bal in die hand gehou het.
Die verskil was egter by die onderskeie agttalle. Die Maties het die bal telkemale van strafskoppe af in UWK se kwartgebied uitgeskop en rolmaalbewegings met vrug aangewend om drieë aan te teken.
In die eerste helfte was die Maties ook baie sterk in die skrums, waar hulle die voordeel van ’n provinsiale loskopstut in Leon Lyons en ’n stewige vaskop in Duncan du Buisson gehad het.
André-Hugo Venter was ’n groot uitblinker op haker, terwyl die Maties se heelagter, Nevaldo Fleurs, ook die oog getref het.
Venter is die seun van die voormalige Springbok-flank André Venter.
UWK het ondanks die Maties se oorheersing voorlangs nooit boedel oorgegee nie en het die drieë aan die einde vir hul manmoedigheid verdien.
• Puntemakers: Maties 43 (24): Drieë: Sibabalwe Xamlashe, Duncan du Buisson, André-Hugo Venter (3), Sean Swart (2). Doelskoppe: Christopher Schreuder (4).
IXIAS SLAG MADIBAZ
Die Ixias se opmars in die Varsitybeker-rugbyreeks is steeds op koers nadat hulle die Mabibaz ook uit die pad gevee het, skryf Marnus Kok.
Die Bloemfonteiners het Donderdag op Loftus Versfeld sewe drieë gedruk en met 51-13 gewen. Hulle het ook ’n bonuspunt ingesamel.
Hul wenresep was eenvoudig: Maak voor sag deur in die skrums te oorheers en wen meters veld met rolmale.
Wanneer agterspelers besit op die voorvoet kry, is die stryd halfpad gewonne. Om daardie geleenthede in punte te omskep, het jy agterspelers nodig wat weet wat om met die bal te maak.
In Zinedine Booysen het die Ixias ’n skrumskakel wat sy span se losskakel, Charles Williams, van vinnige besit verseker. Williams is ’n goeie balverspreider en wanneer jy iemand soos Cohen Jasper (heelagter) het wat weet hoe om by ’n agterlyn aan te sluit, moet dit op punte uitloop.
Wat die geval was. Soveel so dat die Bloemfonteiners reeds in die eerste helfte hul vierde drie, vir die bonuspunt, gedruk het.
Die kere dat die Madibaz besit gehad het, is hulle meestal doodeenvoudig in hul spore gestuit met goeie verdediging.
In die laaste tyd het baie mense gebrom oor die vervelige en voorspelbare rugby wat op senior vlak aan toeskouers opgedis word. ’n Spel waar “stampkar-rugby” omtrent die wagwoord geword het.
Hierdie Ixias speel nie daardie rugby nie. Hulle speel aanskoulik en kry mense aan die praat.
– Netwerk24
FOTO
Die Maties se haker André-Hugo Venter het ’n driekuns aan drieë aangeteken in Donderdag se Varsitybeker-wedstryd teen UWK. Foto Varsity Sport

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie