Driekuns vir Leinster in Pro14
Rugby
Leinster is vir ’n derde agtereenvolgende jaar die Pro14-kampioen nadat hy Saterdag in Dublin ’n oortuigende sege van 27-5 in die eindstryd oor Ulster beklink het.
Dié kampioenspan is nou 23 wedstryde op ’n streep onoorwonne die seisoen en is die eerste span wat drie jaar opeenvolgens die Pro14-kroon verower.
Ulster was hoopvol om sy eerste silwerware sedert 2005-’06 te verower en was reeds in die vierde minuut voor toe James Hume ’n uitstekende drie gedruk het.
Dit was egter Ulster se laaste punte in die wedstryd en drieë in die tweede helfte deur Robbie Henshaw en Caelan Doris het Leinster se oorheersing bevestig.
Daar was groot vooruitgang in Belfast die laaste paar seisoene, maar Ulster kan nog nie met die groot spanne in Europa saamgesels nie.
Ondanks Leinster se oortuigende oorwinning, sal die span veral sy spel in die lynstane moet verbeter as hulle volgende naweek vir Saracens in die kwarteindstryd van die Kampioenebeker-kompetisie wil klop.
Leinster was sover dodelik klinies op die aanval en dit was geen uitsondering teen Ulster nie.
Hoewel Ulster vroeg momentum gehad het, het Leinster algaande die skroewe aangedraai en gaan afrond wanneer hulle naby die teenstander se doellyn gekom het.
Teen rustyd was Leinster se voorsprong 10-5 en Robbie Henshaw se onderskepdrie in die 45ste minuut was deurslaggewend.
Ulster het verskeie kanse geskep en het nooit gaan lê nie, maar dit was nie genoeg om Leinster se partytjie te bederf nie.
Hoewel die Springbok Marcell Coetzee, wat kort ná rustyd vervang is, goed in toom gehou is by die afbreekpunte, sal hy in die prentjie wees met die oog op vanjaar se Rugbykampioenskap.
Puntemakers
Leinster, drieë: James Lowe, Robbie Henshaw, Caelan Doris. Doelskoppe: Ross Byrne (2), Johnny Sexton. Strafdoele: Byrne (2).
Ulster, drie: James Hume.
– bbc.com, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie