Drietal vermy die houtlepel
Strandbasketbal
Namibië se strandbasketbal het verlede week in Doha, Katar, aan die Vereniging van Nasionale Olimpiese Komitees (ANOC) se Wêreldstrandspele in die drie-aan-'n-kant spankompetisie deelgeneem, waar die manne daarin kon slaag om die 14de plek uit 16 spanne te behaal.
Namibië het in drie wedstryde meegeding wat Maandag teen Oekraïne afgeslaan het. Hoewel die spelers hul goed van hul taak gekwyt het, moes hulle ongelukkig met 14-20 die knie buig.
Dieselfde dag het hulle ook teen Mongolië gespeel, maar moes weereens hul lot met 12-21 aanvaar. Dinsdag was die manne se laaste uitstappie teen Jordanië wat opnuut die onervare Namibiërs met 15-21 troef.
Die goue medalje is Woensdag deur die Russiese Federasie as die geskiedkundige eerste ANOC-kampioen met 21-19 teen Brasilië opgeraap.
In die uitspeel om die bronsmedalje was Mongolië met 20-16 baas teen Oekraïne. Uit die sestien lande wat in Katar deelgeneem het, eindig Namibië algeheel 14de, bo Togo (15de) en Uganda.
Mantius Amukoshi, kaptein van Namibië, vertel van die ervaring.
“Ek is trots op my span en hoe ons die afgelope tyd gegroei het. Hierdie was net die begin van Namibië se toekomsplanne om 'n huishoudelike naam in die sport te word. Ons het gesien hoe die ander spanne speel en weet nou beter wat om te doen om te verbeter.
“Hierdie ondervinding was beslis die trotsste oomblik vir my as Namibiër, want ons as span kon saam wys hoekom na ons as die Land of the Brave verwys word. Ons het in elke kragmeting alles wat ons het op die baan gelos,” het Amukoshi gesê.
Die jong span van Firmino Bonaventure Mael (23), Tireemukuru Toromba (19), Mantius Amukoshi (19) en Kautjeza John Tjirimuje (20) is sedert hul terugkeer opgewonde oor die toekoms.
Die Namibiese Basketbalvereniging, met die steun van die Namibiese Olimpiese Komitee, beoog om dié sportkode tot so 'n mate te bevorder dat Namibië in 2024 aan die Olimpiese Spele kan deelneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie