Drietal Warriors uit buiteland opgeroep
Sokker
Tielman van Lill
Die Tafel Lager Brave Warriors word Saterdag met drie van sy mees gerekende spelers versterk om Botswana in 'n vriendskaplike wedstryd te takel.
Ricardo Mannetti, hoofafrigter van die nasionale senior sokkerspan, het Denzil Haoseb, Peter Shalulile en Larry Hoaeb nader geroep wat tans nie in Namibië sokker speel nie. Namibië gaan dié kragmeting gebruik om vir sy deelname aan die 2018 Afrika-Nasieskampioenskap (CHAN) voor te berei.
“Ons sal in November nog twee oefenwedstryde inpas voordat ons vir 'n volskaalse oefenkamp saamtrek. Jy kan sê 95 persent van die spelers is plaaslik gekies met Haoseb, Shalulile en Horaeb wat die nodige leiding en diepte verskaf,” het Mannetti verduidelik.
Volgens die afrigter is Mapenzi Muwanei afwesig sonder verlof en is nie in sy groep van 23 spelers opgeneem nie. Die aanvaller Hendrik Somaeb wat in die kwalifiserende rondes wondere vir die Warriors voor die doelkas verrig het, kan vanweë persoonlike redes nie gekies word nie.
“Himeezembi Hengombe van Young African is die nuwe speler in die span. Hy was in die Debmarine-reeks 'n groot steunpilaar vir sy span. Hy het gereeld saam met ons geoefen en weet wat van hom verwag word.
“Lloydt Kazapua het van sy besering herstel en is terug, terwyl Riaan Hanamub, Ferdinand Karongee, Petrus Shitembi en Muna Katupose ook beskikbaar is,” het die breier gesê.
Die groep sal ná 'n ooreenkoms met Botswana tot 18 verminder word, sê Mannetti.
“Ek is nie bekommerd oor die fiksheid van die spelers wat tans in die span is nie, want ons het sonder die hulp van die Namibiese Premierliga (NPL) vir CHAN gekwalifiseer. Vir die ouens wat nie deel van ons oefengroep was nie, hoop ek die NPL kan so spoedig as moontlik begin sodat hulle wedstrydoefening kan inkry en hulself kan bewys.
“Enige iets kan gebeur en wat doen ons as beserings voor die CHAN-toernooi toeslaan? Waarheen sal ek my dan wend om spelers te kry as die NPL steeds nie begin het nie?” het Mannetti gevra.
Die spelersgroep van 23: Edward Maova, Charles Uirab, Lloydt Kazapua, Ferdinand Karongee, Tiberius Lombard, Charles Hambira, Larry Horaeb, Edmund Kambanda, Dynamo Fredericks, Immanuel Heita, Benyamin Nenkavu, Oswaldo Xamseb, Petrus Shitembi, Ronald Ketjijere, Denzil Haoseb, Absalom Iimbondi, Itamunua Keimuine, Roger Katjiteo, Muna Katupose, Himeezembi Hengombe, Romario Ndjavera, Riaan Hanamub, Peter Shalulile.
Botswana word vandag in die hoofstad verwag. Kaartjies vir Saterdag se botsing wat om 16:00 by die Sam Nujoma-stadion afskop, kos N$30 en is by Computicket beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie