Drikus bly by Pritzen ná vroeë wegbreek
Marc Pritzen en Drikus Coetzee het die 100 kilometer teen gemiddeld 41 km/h in redelike windstil toestande afgeblits.
Tielman van Lill – Die Windhoek Pedal Power-padfietsryklub het Sondag sy tweede byeenkoms in die 2021 Nedbank-reeks oor 100 kilometer vir elite mans en 80 km vir vroue op die Dordabispad oos van Windhoek aangebied.
Ná skaars nege kilometer het die drietal Marc Pritzen, Drikus Coetzee en Daniel Abraham, 'n Nederlandse besoeker in die kleure van Mannie's Bike Mecca, van die res weggebreek en is nooit weer ingehaal nie.
Dié vroeë aanval was ietwat vreemd in die Nedbank-reeks, waar die klem op spanuitslae is en waar saamgewerk word omdat elke span se topdrie tye oor die eindstreep in ag geneem word.
Sondag was die ideale geleentheid vir Coetzee om sy peil teen die gedugte Marc Pritzen (SA o.23-kampioen en 2019-wenner van die Pupkewitz Tour de Windhoek) te toets. In Desember het Coetzee sy sleutelbeen die Sondag voor die Nedbank Desert Dash-bergfietsmarathon tydens 'n oefenrit op die einste Dordabispad gebreek.
Coetzee, wat nou vir die Simonis Storm/Hollard-span ry, se sleutelbeen is met 'n operasie geheg en hy was twee weke buite aksie voor hy weer kon begin oefen.
Volgens die 2020 Tour de Windhoek-kampioen gee Sondag se tweede plek hom 'n goeie hupstoot vir komende naweek se Namibiese nasionale padfietskampioenskap.
“My fiksheidspeil is nog glad nie waar dit moet wees nie, maar as ek eers ry, dink ek glad nie daaraan nie. Ek sal Vrydag weer diep delf om my nasionale individuele tydtoetstitel te verdedig.
“Gelukkig is my kop sterk en dit dryf my. Ek het die afgelope tyd baie tyd bestee om weer my beste vorm te bereik.
“Om vir 'n uur lank met die tydtoets voluit te jaag, verg baie energie en uithouvermoë. Ek sukkel darem nie so erg nie, want ek sit ongelooflik baie in om so gou as moontlik terug wees,” sê Coetzee.
Pritzen (Cymot-span) het Sondag die elite resies in 2 ure 26 minute 13 sekondes net-net voor Coetzee (dieselfde tyd) ingepalm. Saam met hulle aan die voorpunt was Abraham in 2:26:14.
Vierde was die jong Hugo Hahn van Cycletec/Hollard (2:26:55). Die veteraan Ingram Cuff (Simonis Storm/Hollard) in 2:26:55 het sy peil met sy vyfde plek onderstreep.
VROUERESIES
In die vroueresies (80 km) was Risa Dreyer en die Olimpiese ryer Vera Adrian-Looser in 'n klas van hul eie as spanmaats vir Mannie's Bike Mecca.
Looser, terug ná maande in haar nuwe aangetroude tuiste Switserland, het 'n seldsame tweede posisie ingeneem toe sy en Dreyer met breë glimlagte saam oor die eindstreep gery het.
Courtney Liebenberg is nog 'n ryer wat van 'n ernstige besering moes herstel. Sy het verlede jaar by die nasionale bergfietskampioenskap haar tibia in 'n val verwoes en was vir drie maande buite aksie ná 'n operasie, maar het Sondag getoon dat sy weer besig is om haar beste peil te bereik.
Liebenberg (MBM) wat negende in 2:21:48 geëindig het, was 'n skrale 71 sekondes ná Dreyer en Looser (beide 2:20:37) oor die eindstreep.
Derde in die vroueresies was Gabriela Raith (Cymot) in 2:21:42.
Anneke Steenkamp (Cycletec/Hollard) en Michelle Döman (Food Lovers Market) was onderskeidelik vierde en vyfde in 2:21:47.
Liebenberg het aan Republikein gesê haar beseerde been is steeds swakker as die ander een.
“Ek het nog baie om in te haal. Sondag se resies was taai, maar deur deel te neem, behoort ek binnekort weer my beste te kan lewer. Ek moet net geduldig wees en myself nie te hard druk nie. Met behoorlike fisioterapie en biokinetiese oefeninge kan ek binne die volgende maande wees waar ek voor die ongeluk was,” het sy verduidelik.
Puntestand van spanne ná resies 2
Mans: 1 Cymot (42); 2 Cycletec/Hollard (36); 3 Team Cathy (34); 4 Lumbercity Men (30); 5 NCCS (29); 6 Food Lovers Market Men (28); 7 RMB Elite (29); 8 Lumbercity Pink (24); 9 Legacy of Love (22); 10 Simonis Storm/Hollard (22).
Vroue: 1 Mannie's Bike Mecca Ladies (22), 2 Cycletec/Hollard (18), 3 Cymot (18), 4 Food Lovers Market (16), 5 PSG (12).
ANDER UITSLAE
Mans ope kategorie (80 km; 17 jaar en ouer): 1 Schalk van der Merwe (2:07:24), 2 Jurgen van Wyk (2:07:24), 3 John Valentin (2:07:27).
Vroue ope: 1 Irene Steyn (2:17:29), 2 Hilde-Marie Olivier (2:22:41), 3 Michaela Ham (2:45:00).
Meesters mans (80 km): 1 Nick du Plessis (2:07:27), 2 Heiko von Ludwiger (2:07:28), 3 George Thiele (2:07:34).
Meesters vroue (60 km): 1 Karin Brockmann (2:06:36).
Grootmeesters mans (60 km): 1 Hartmut Ruppel (1:41:36), 2 Hans-Peter Drobisch (2:04:35), 3 Klaus Schade (2:12:29).
Grootmeesters vroue (40 km): 1 Berrit Graf (1:42:16).
Sportkategorie mans (60 km): 1 Tevin Nickel (1:39:16), 2 Michael Lowe (1:39:22), 3 Ruhan Gous (1:39:22).
Sportkategorie vroue: 1 Handrie Gous (2:01:03), 2 Bianca Janse van Vuuren (2:06:23), 3 Claudia Suren (2:19:23).
O.16 seuns (80 km): 1 Kevin Lowe (2:06:06), 2 Daniel Hahn (2:06:08), 3 Adrian Key (2:06:15).
O.16 meisies (60 km): 1 Ada Kahl (1:48:03), 2 Lotte Beulker (1:49:15), 3 Laura Engling (2:02:47).
O.14 seuns (60 km): 1 Roger Suren (1:39:22), 2 Marco Thiel (1:39:22), 3 Sean Lowe (1:50:45).
O.14 meisies (40 km): 1 Delsia Janse van Vuuren (1:31:22), 2 Kylie Dickerson (1:31:22), 3 Rosemarie Thiel (1:31:28).
O.12 seuns (40 km): 1 Mike Baartman (1:31:46), 2 Janro Greeff (1:31:46), 3 Theodor Janse van Vuuren (1:31:52).
O.12 meisies: 1 Nicole Suren (1:00:24).
O.10 seuns (20 km): 1 Luke Coomer (0:44:27), 2 Calvin Nickel (1:07:20).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie