Drikus en Irene as reekswenners erken
Bergfietsry
’n Fenomenale seisoen van bergfietsresiese in die Gravel & Dirt Marathon-reeks is Saterdagaand met die jaareindfunksie by Droombos afgesluit.
Ryers vanoor die land het in sewe byeenkomste deelgeneem wat elk sy eie unieke uitdagings ingehou het, insluitend die Namibiese kus, die Ugab Terrace en die hitte wat by Gobabis beleef is.
Die Gravel & Dirt marathonreeks lok van die beste bergfietsryers in die land en is as een die gewildstes op die kalender gevestig. Vele van die land se beste spanne is deur hul kampioenryers verteenwoordig, terwyl die toekomstige helde ook oor die volle of halfmarathon-afstande of in die jeugkategorieë kon leer en groei.
Drikus Coetzee en Irene Steyn was vanjaar die algehele reekswenners op grond van hul saamgestelde puntetotale deur die loop van al die byeenkomste. Beide is ’n toonbeeld van die vlak van professionaliteit en talent wat Namibiese fietsry kan aanbied.
Die pryswenners in die onderskeie kategorieë was:
Junior vroue halfmarathon: 1 Laura Engling, 2 Monique du Plessis, 3 Lené du Plessis.
Junior mans halfmarathon: 1 Bergran Jensen, 2 Adrian Key, 3 Anton Engling.
Ope vroue halfmarathon: 1 Claudia Suren, 2 Martina Gaike-Neuburg, 3 Sandra Lippert.
Ope mans halfmarathon: 1 Marnus Lemmer, 2 Roland Neuburg, 3 Hugo Hahn.
Grootmeestersmans: 1 Peter Sander, 2 Hercules Viljoen, 3 Bernhard Volkman.
Grootmeestersvroue: 1 Elke Jagau, 2 Berrit Graf.
Meestersvroue: 1 Karen Brockmann, 2 Kerstin Klein, 3 Barbara Ackermann.
Meestersmans: 1 Sarel Boshoff, 2 Niels Serrer, 3 Johann Liebenberg.
Rhino-klas (90 kg plus): 1 Fana Lambert, 2 Morne Honiball, 3 Volker Engling.
Veteraanvroue: 1 Irene Steyn, 2 Johanita de Waal, 3 Elanor Grassow.
Veteraanmans: 1 Clinton Hilfiker, 2 Marcel Suren, 3 Allan Vivier.
Subveteraanvroue: 1 Courtney Liebenberg, 2 Marguerita Maritz, 3 Jeanne Heunis.
Subveteraanmans: 1 Ingram Cuff, 2 Frederick van Greunen, 3 Jurgen Sander.
Elite vroue: 1 Marion Schonecke, 2 Michelle Vorster, 3 Michelle Döman.
Elite mans: 1 Drikus Coetzee, 2 Xavier Papo, 3 Alex Miller.
Organiseerders van die Gravel & Dirt-reeks bedank die borge wat 2019 weer so suksesvol help maak het, naamlik Hollard Namibia, Namibië Brouerye (NBL), Kia Motors, Cymot, Mannie’s Bike Mecca, Food Lovers Market, Panamor Gel en E-Med Rescue 24, sonder wie se steun sulke byeenkomste nie moontlik sou wees nie.
Elkeen se werk agter die skerms, om te help verseker dat die ryers kon weet die roetes is beplan en netjies afgemerk, word ook waardeer.
Hollard Namibia het sy volgehoue steun as hoofborg vir die Gravel & Dirt Marathon in 2020 bevestig, met die voorneme om dit sinoniem te maak met die sukses wat die land se bergfietsryers plaaslik en internasionaal behaal.
Hollard streef om hierdeur die perfekte platform vir die huidige geslag kampioene te bied om hul vaardighede ten toon te stel, asook om die volgende geslag te inspireer om selfs verder en harder te druk en hul stempel by byeenkoms oor die wêreld heen af te druk.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie