Drikus haak knoop deur in laaste resies

Die manspan Kia en die vroue van R&R Importers sluit die reeks as kampioene af.
Andrew Poolman
Drikus Coetzee het Sondagoggend die aanslag van 'n sterk veld ryers afgeweer om die sewende en laaste byeenkoms in die 2017 Windhoek Pedal Power padfietsreeks te wen.

Coetzee het die 100 kilometer roete in die omgewing van Döbra noord van Windhoek in twee ure twee minute 33 sekondes voltooi.

Tweede was Chiponeni (Fiffy) Kashululu 'n minuut en 10 sekondes later, met Lotto Petrus derde in 2:04:04. In die vierde tot agtste plekke was ook bekendes soos Ingram Cuff, André de Klerk, Adriaan Maartens, Heiko Diehl en Jo-Joe Hamunyela.

Coetzee en Kashululu het van die voorste peloton af weggebreek met 40 km oor en het 'n voorsprong van sowat drie minute opgebou.

Met 8 km oor het Coetzee sy skuif gemaak en moes Kashululu sy bes doen om te probeer bybly.

Coetzee, wat die vorige dag ook die 2017 Navachab Gold Rush bergfietsresies oor 70 km gewen het, was agterna ekstaties en het gesê die vorige dag se resies was 'n goeie opwarming.

“Ek het hoegenaamd geen vooraf strategie gehad nie, maar ek het seker gemaak dat ek met die voorste groep bybly en saam met elke wegbreekpoging beweeg en niemand toelaat om te ver voor te kom nie. Ek dink ek het dit in die eerste helfte van die resies nogal goed reggekry,” het hy aan die nuusagentskap Nampa gesê.

Volgens Coetzee het sterk wind van voor met tye op die Westelike Verbypad gepla, maar nie genoeg om die ryers van goeie tye te weerhou nie.

Michelle Döman het die elite vroue­resies in 1:35:56 gewen, gevolg deur Janine de Klerk in 1:42:24. In die derde plek was Wanette Meyer in 1:42:40.

Toe die reeks op 22 Januarie vanjaar begin het, het Till Drobisch die eerste resies gewen. Coetzee het 'n week later die tweede een ingepalm, voordat Joze Barth die derde verskillende wenner op 5 Maart was.

Die vierde byeenkoms was net vir spanne in 'n gekombineerde tydtoets, met Team Get Graphics seë­vierend, voordat Jo-Joe Hamunyela resies nommer vyf op 24 September gewen het. Nóg 'n nuwe wenner was Wynandt Gouws in die sesde resies op 29 Oktober.

Afstande vir ander kategorieë in die reeks was 10 km, 30 km, 50 km en 70 km.



Laas Sondag se voorste ­uitslae:

Elite mans: 1 Drikus Coetzee (2:02:33), 2 Chiponeni Kashululu (2:03:43). 3 Petrus Lotto (2:04:04).

Elite vroue: 1 Michelle Döman (1:35:56). 2 Janine de Klerk (1:42:24). 3 Wanette Meyer (1:42:40).

Junior mans: 1 Schalk van der Merwe (2:04:11).

Junior vroue: 1 Tanya Mackensen (1:42:22). 2 Steffanie Grossmann (1:42:22).

Veteraan mans: 1 Fanie Steenkamp (2:04:13). 2 Adriaan Maartens (2:04:15). 3 Hans du Toit (2:04:22).

Veteraan vroue: 1 Anneke Steenkamp (1:38:11). 2 Antje Tietz (1:38:47). 3 Michaela Ham (1:42:16).



Die finale stand van die spankompetisie:

MANS: 1 Team Kia (Drikus Coetzee, Cobus Smit, Fanie Steenkamp, André de Klerk, Jo-Joe Hamunyela). 2 Team Get Graphics (Ingram Cuff, Adriaan Maartens, Heiko Diehl, Horst Neumann, Christo Swartz). 3 Team Cathy (Jaco Hanekom, Jacques Celliers, Pierre Knoetze, Willie van Zyl, Jacques van Zyl).

VROUE: 1 R&R Importers (Michelle Döman, Anneke Steenkamp, Maike Bochert, Antje Tietz, Tersia van Zyl). 2 Auto Haus Katte (Michaela Ham, Steffanie Grossmann, Vicky Vosloo, Mandy Huysamen, Nelia Landsberg). 3 Team 5 Freunde (Karin Brockman, Dawn Adams Redelinghuys, Andrea Stier, Jana von Backstrom, Serenzia van der Merwe).

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!