Drikus ’n kortkop voor Costa in Lucky Star

Anneli Erasmus
Des Erasmus - Die teleurstelling dat hy nie die Olimpiese Spele gehaal het nie, was vir die driekamper Drikus Coetzee agter die rug toe hy die fietsskof oor 105 kilometer Saterdag op en om Walvisbaai as deel van die Lucky Star-sportsaamtrek gewen het.

Coetzee het byna drie minute voor Raul Costa Seibeb in die tweede plek in die Jan Wilken-stadion as die eindpunt ingekom.

In die proses was die uitslag van die padfietswedren tussen Swakopmund en Hentiesbaai (76 km) as deel van die Hentiesfees net omgekeer. Toe het Costa gewen en het Drikus tweede geëindig.

In die Lucky Star was Coetzee se tyd 2 uur 53 minute 50 sekondes met Seibeb wat op 2 uur 56 minute 36 sekondes ingekom het.

Die roete het hoofsaaklik uit ’n soutpad in die rigting van die Langer Heinrich-uraanmyn en terug gestrek.

Xavier Papo (ook 2 uur 56 minute 56 sekondes) het die derde plek ingeneem. ’n Speld kon kwalik tussen hom en Costa in die tweede plek ingedruk word.

Die ope vir vroue is deur Michelle Vorster (2 uur 58 minute 19 sekondes) gewen. Tweede was Luanne van der Schyff.

Onder die veterane was Joris Harteveld eerste en Klaus Frielingsdorf tweede. Hentie Hough was die wenner van die meesters en Alfons Kiesewetter was tweede.

By die veteraanvroue was Greta-Marie Alpers die wenner, Sonya Oates tweede en Corlia Esterhuizen derde.

In die korter skof oor 21 km het twee Swakopmunders eerste en tweede geëindig. Hulle is Joshua Scherer (40 minute 25 sekondes) en Yoshua Becker (40:28). Die vinnigste vrou oor 21 km was Sanica Cronjé (58:06) met Leonie van Zyl (58:25) op haar hakke.

Robert Schaaf was die wenner in die 21 km vir dikwiele met Louis Reichert tweede. Keren Till was eerste onder die vroue op dikwiele.

Onder die fietsryers het 109 aan die 105 km deelgeneem, 83 aan die 21 km en 15 aan die 21 km vir dikwiele.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!