Dringende ingryping in suiwelbedryf nodig
Vinnig stygende insetkoste, tesame met konstante produsentepryse, het suiwelprodusente se winsmarge ’n knou gegee.
Ellanie Smit
Die verskaffing van onverwerkte melk sal na verwagting teen die einde van die jaar na 15 miljoen liter daal vanaf 24,4 miljoen liter in 2015 – iets wat die dringende ingryping in die suiwelbedryf uitlig.
Volgens die jongste nuusbrief van die Namibië Landbou-unie (NLU) het vinnig stygende insetkoste en stagnante produsentepryse tot verminderde winste vir suiwelprodusente gelei, wat beteken talle produsente het melkproduksie gestaak.
Die resultaat is ‘n vermindering in die verskafffing van onverwerkte melk van 24,4 miljoen liter in 2015, tot 17,2 miljoen liter in 2020 – ‘n aansienlike verlaging van 29,3%.
Volgens die NLU word ‘n nog ’n verlaging na 15 miljoen liter (12,9%, jaar-op-jaar) vir die jaar 2021 verwag.
Die NLU sê ondersteuningsmaatreëls wat vroeër deur die regering ingestel is, het nie die invoer van suiwelprodukte na Namibië verhinder nie, maar eerder produsentepryse laat stabiliseer.
Dit het tot ‘n groei in die verskaffing van onverwerkte melk gelei, asook die skep van werksgeleentheide, het die NLU gesê.
Die maatreëls is tussen 2003 en 2011 geïmplementeer en weer tussen September 2013 en Augustus 2014.
Die NLU sê die plaaslike suiwelbedryf is klein en word maklik omver gegooi deur faktore soos die klimaat of hoë voer- en produksiekoste. Daarom het die verstryking van die beskermingsmaatreëls dit baie kwesbaar gelaat.
NIE WINSGEWEND
“Vanaf 2015 tot 2020 het voerkoste met 18,3% verhoog en brandstofpryse met 9,3%, terwyl die totale uitgawes met 15,3% toegeneem het.
Ten spyte van die verhogings, het produsentepryse gemiddeld met net 4,8% tussen 2015 tot 2020 verhoog, sê die NLU.
“Produsentepryse het sedert die tweede kwartaal van 2016 tot die derde kwartaal van 2021 konstant gebly met ‘n gemiddelde prys van N$6,1 per liter. Dis laer as produsente se geskatte gelykbreekpunt van N$7,70 per liter in 2020.
Die NLU sê die tien produsente wat steeds in produksie is, bied ‘n heenkome vir 150 werknemers wat altesaam 597 afhanklikes ondersteun.
Die unie voeg by dat suiwelprodusente tussen 2016 en 2020 ‘n geskatte produksiewaarde van sowat N$123 miljoen gehandhaaf het.
“Suiwelprodusente ondersteun ook lusernboere, vervoerders, verskaffers van die toerusting wat hulle gebruik, banke en dra terselfdertyd ook by tot die regering se inkomste.
Daarom meen die unie onmiddellike ingryping is nodig om te keer dat grootskaalse werksverliese voorkom en verbruikers aan erge wisselvallige melkpryse blootgestel word, wat na verwagting lae-inkomstehuishoudings die ergste sal raak. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie