Dringende kragonderbreking op Rehoboth, Windhoek-suid
Dringende kragonderbreking op Rehoboth, Windhoek-suid

Dringende kragonderbreking op Rehoboth, Windhoek-suid

Elvira Hattingh
NamPower het aangekondig dat 'n kragonderbreking vandag vir Rehoboth en suidelike dele van Windhoek tussen 10:00 en13:00 geskeduleer is.

"Die kragonderbreking is beplan sodat dringende herstelwerk aan hoëlading-toerusting by die Naruchas-substasie gedoen kan word," lui die nasionale kragverspreider se kennisgewing.

Volgens NamPower sal die volgende gebiede rondom en by Rehoboth geraak word: Rehoboth-dorp, Blumfelde, Kalkrand, Limerick, Cowdray, Tsumis, Schlip, Hoachanas, Dornfontein, Rusplaas, Wolfputz, Gurus, Duineveld, Oanob dam, die militêre basis, Klein Aub Village, Rietoog, Kanaus Noord, Gollshau asook Nauchas.

Gebiede suid van Windhoek wat geraak sal word, sluit in Oamites, Nauaspoort, Groot Aub, Lichtenstein, Omeya, Out of Nature Estate asook Aris waternetwerstelsel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!