Drink-drink help verbruikers Spar se syfers
Drink-drink help verbruikers Spar se syfers

Drink-drink help verbruikers Spar se syfers

Jo-Mare Duddy Booysen
Nellie Brand-Jonker - Drankverkope by die Spar-groep se Tops-winkels laat wiel met sterk dubbelsyfergroei ongeag die sukkelende ekonomie.
Tops se verkope het in die halfjaar tot einde Maart met 17% tot R4,7 miljard gestyg.
Uitgesluit die sowat 30 winkels wat geopen is in die halfjaar, vergeleke met die ooreenstemmende tydperk ’n jaar gelede, het kleinhandelverkope van drank skerp met amper 13% gestyg.
Dit het die groep se omsetgroei in Suid-Afrika ondersteun.
Graham O’Connor, uitvoerende hoof, sê hulle vind nie dat die swak ekonomie verbruikersbesteding op drank inperk nie. “Die vreemde ding is dat mense drink as hulle swaarkry én as dit goed gaan.”
Die Spar-groep is ’n groothandelaar wat produkte versprei na 1 831 winkels wat as Superspar, Spar, Kwikspar, SaveMor, Build It en Tops handel dryf.
Sy groothandelverkope van drank het met 12,4% tot R2,7 miljard gestyg.
Die voortgesette vraag na Tops-winkels van onafhanklike drankwinkeleienaars het tot die 30 nuwe winkels aanleiding gegee wat geopen is. Daar is nou 679 Tops at Spar-winkels in die land.
O’Connor sê Tops wen steeds markaandeel van ander drankwinkels danksy die aanbod in die winkels, innoverende bemarking en die ligging van die winkels wat verseker dat vroulike klante gemakliker daarmee is om drank te koop.
Hy sê as die prysverhogings op drank uitgesluit word in die omsetgroei, was die reële groei wat verkry is, steeds groot.
In geheel en ingesluit sy ander winkels in Suid-Afrika het Spar se omset met 9,2% tot R31 miljard gestyg.
Spar-winkels se omset het met 8,1% gestyg. Op groothandelvlak het verkope van dié winkels met 8,2% tot R24,9 miljard gestyg.
Sy eiehandelsnaamprodukte se verkope het met amper 11% gestyg. “Dit stem ooreen met die toenemende neiging van platsak verbruikers wat die waarde soek wat eie­handelsnaamprodukte bied.”
Verkope van vars produkte en vleis vaar goed.
Die groep se interne voedselprysinflasie was 4,5%.
Omdat hulle min nuwe winkels geopen het, is dit ’n verhoging van byna 4% in die volume verkope van kruideniersware en kos. Hy sê dit is ’n uitstekende prestasie en skryf dit toe aan die opknapping van bestaande winkels, asook die plan om sy varsprodukte-aanbod te verbeter.
Die groep waarsku dat daar tekens is dat voedselinflasie op kort termyn nog wesenlik kan verhoog weens die invloed van die droogte.
Statistieke Suid-Afrika (SSA) se inflasiesyfers vir April toon ’n skerp jaar-op-jaar-styging van 11%.
O’Connor sê hulle het druk op die pryse van vars produkte soos tamaties, aartappels en uie, asook mieliemeel en suiker, gesien. Hoewel vleispryse nog nie gestyg het nie, glo hy dit kan in die komende maande begin styg.
Die groep het ’n laer interne voed­sel­in­fla­sie­syfer deels omdat verbruikers meer produkte op promosie koop.
Spar is besig om oorsee uit te brei. In April is die meerderheidsbelang in Spar van Switserland gekoop. In 2014 is ’n belang in Spar van Ierland gekoop.
Ingesluit die verkope daar het sy inkomste met byna 17% tot R42,4 miljard gestyg. Sy bedryfswins is byna 14% hoër tot R1,2 miljard.
’n Tussentydse dividend van 255c per aandeel is verklaar (2015: 239c).
- Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!