Drink- en dansplekke in woonbuurte
Drink- en dansplekke in woonbuurte

Drink- en dansplekke in woonbuurte

Mandy Rittmann
KATRINA SKRYF:

Ek (ons) het ’n probleem met ’n “take-away", kroeg en disco in Soweto.

Die plek doen besigheid van Sondag tot Sondag met harde musiek wat speel tot middernag, soms tot 01:00.

Ons, die nabygeleë huise, loop swaar onder hierdie harde musiek. Dit help nie jy gaan slaap vroeg om die volgende oggend fris op te staan nie. ’n Mens kan net nie slaap onder hierdie gedoef-doef nie. ’n Mens lê noodgedwonge wakker tot middernag of tot 01:00 wanneer die disco afgesit word.

’n Mens staan elke dag op met hoofpyn van te min slaap. Dit affekteer ’n mens se gesondheid.

Die mense wat gebruik maak van die fasiliteit urineer sommer ook daar in die straat as dit donker is. Dan is dit weer ook die geraas van die mense soos hul uitmekaar gaan na die disco gestop het. Sommige sit, wie weet tot hoe laat, en raas en lawaai daar tot hul besluit hul gaan uit eindelik terug.

Dan is dit weer nog soms die getoeter van die "patrons" soos hul saampak daar in die middel van die nag.

Ander mense ly nou daaronder ten koste van ander se besigheid, omdat daar geen agting en respek vir ander mense is nie.

Stadsvaders, jul moet soms sien hoe die area van bierbottels en papiere besaai lê. Ons moet nou daardie goed optel en weggooi vir jou eie veiligheid en om jou buitekant na iets te kan laat lyk.

Stad Windhoek, hoekom laat jul toe dat disco’s in woonbuurte besigheid doen? Net omdat iemand glo ’n lisensie het? Hoekom nie plekke soos die dorp, waar daar net winkels is en niemand in die nag gesteur word nie?

Die stadspolisie ry soms daar verby, gee paar keer toeter en ry verby. Die Hornkrans-operasie, wat oor die vakansieseisoen gepatrolleer het, het ek nie eens een keer daar gesien nie.

As die stadspolisie wel soms daar stilhou, word die musiek afgesit en gewag tot hul wegry. Dan word die musiek weer aangesit.

Stadsvaders, doen asseblief iets. Ons kan nie so ly nie. Moenie eers wag dat mense die reg in eie hande neem en dan wil julle die mense arresteer nie.

Ons het mos ook reg tot onse vrede en rustigheid in ons huise net soos hulle wat kroeghuise het?

Ons kan dit nie meer dra nie!

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!