'DRK maak staat op ons'
'DRK maak staat op ons'

'DRK maak staat op ons'

Inwoners van die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) maak staat op lande deel van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) om die land weer op die pad van vrede en volhoubare ontwikkeling te bring.

President Hage Geingob het tydens die amptelike opening van SADC se dubbele Troika-beraad in Addis Abeba, Ethiopië, gesê dit is “ons taak om ons broers en susters in die DRK te help om vrese en aspirasies in die land te bestuur en te takel”.

Geingob het verwys na 2019 as Namibië se jaar van rekenskap en gesê ooreenkomste kan in onder­skeie lande gevind word waarvoor vir baie vanjaar ook 'n verkiesingsjaar is. Dit is teen dié agtergrond dat Geingob as voorsitter van SADC 'n oproep vir die dubbele Troika-beraad gedoen het, het die staatshoof gesê.

“Die mense van die DRK maak staat op almal van ons om te help om 'n atmosfeer te verseker wat die konflik en onstabiliteit in die land tot 'n einde sal bring, en ons sustersland op die pad van vrede en volhoubare ontwikkeling sal bring,” het Geingob gesê.

Volgens die staatshoof is die feit dat die DRK 'n “relatief vreedsame” verkiesing gehad het, opsigself 'n sukses. Geingob het president Joseph Kabila lof toegeswaai omdat “hy sy woord gehou het en 'n gunstige atmosfeer vir die verkiesings” geskep het.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!