DRK-verkiesing: Ramaphosa wens Tshisekedi geluk
DRK-verkiesing: Ramaphosa wens Tshisekedi geluk

DRK-verkiesing: Ramaphosa wens Tshisekedi geluk

Martin Fayulu, Tshisekedi se vernaamste teenstander in die verkiesing, het die voorlopige uitslag van die presidentsverkiesing van 30 Desember betwis.
Philda Essop - Pres. Cyril Ramaphosa het Felix Tshisekedi, nuutverkose president van die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), gelukgewens met sy verkiesing nadat die uitslag van die verkiesing deur die konstitusionele hof van die land bekragtig is.

Ramaphosa het ’n beroep op alle partye en rolspelers in die DRK gedoen om die hof se beslissing te respekteer, om hulle daartoe te verbind om vrede te bewerkstellig en om die mense van die DRK te verenig om ’n beter lewe vir almal te skep.

Martin Fayulu, Tshisekedi se vernaamste teenstander in die verkiesing, het die voorlopige uitslag van die presidentsverkiesing van 30 Desember betwis.

Al Jazeera het vroeër berig dat Fayulu 34,8 % van die stemme gekry het en die uitslag as ’n “verkiesing-staatsgreep” bestempel het weens die “onderduimse onderhandelinge” met die voormalige president, Joseph Kabila, om glo ten gunste van die opposisie te konkel.

VREEDSAME VERKIESING

Tshisekedi het volgens die voorlopige uitslag 38,57% van die stemme gekry.

Ramaphosa het ook die mense van die DRK gelukgewens met die vreedsame verloop van die verkiesing en hulle geprys omdat hulle groot selfbeheersing aan die dag gelê het en kalm gebly het terwyl die konstitusionele hof sy beslissing gemaak het.

“Noudat die hoogste hof in die land sy beslissing gemaak het, word al die mense van die DRK en alle rolspelers aangemoedig om die uitslag te aanvaar en om aan te beweeg en die demokrasie, vrede, stabiliteit en veiligheid in die land te handhaaf.”

Ramaphosa het die burgers van die DRK ook verseker van Suid-Afrika se volgehoue verbintenis daartoe om hulle te ondersteun in hul reis na vrede, stabiliteit en ontwikkeling. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!