Droë Noordweste kom aan die beurt
Jubelsange het opgeklink oor die naweek se reën in die Kunenestreek, maar die droogtenood in dié streek duur voort.
Ronelle Rademeyer en Yandi du Plessis
Reënmeters in die droë Noordweste van die land was bykans vol en riviere het geloop toe neerslae van soveel as 78 mm Sondag daar uitgesak het.
Op Kamanjab is 60 mm gemeet en by Khorixas het 70 mm reën in ’n kort tyd geval, met strate wat in riviere verander het.
Boere het op reënvalgroepe laat weet 63 mm is die naweek op die plaas Sebra in die omgewing van Kamanjab gemeet, Plaas Sendeling het 42 mm gehad, Plaas Kalkrand 52 mm en Plaas Hirabis 30 mm.
By Gross Omaruru, sowat 40 km buite Kamanjab, is 65 mm gemeet en by Ondundu Lodge naas die Huabrivier het 78 mm reën geval.
Goeie neerslae het ook in die omgewing van Omaruru voorgekom en by Eunda in die Omusatistreek (sentrale Noorde) is 35 mm gemeet.
Vog het in ’n diagonale strook vanaf die Noordweste tot die Suidooste vir reën gesorg, met hoë reënvalsyfers wat ook in die Khomasstreek opgeteken is.
Elisenheim het Saterdag en Sondag gesamentlike buie van 70 mm gehad, terwyl 34 mm Sondag by Finkenstein gemeet is en 50 mm by Harmonie suid van Windhoek.
In die hoofstad self het neerslae wat op die Facebook-blad van Reën in Namibia gerapporteer is, gewissel tussen 9 mm en 28 mm.
Video’s is ook geplaas van harde buie reën in die omgewing van Karasburg.
Intussen waarsku die weerkantoor in Windhoek teen swaar neerslae wat in die Noordweste, sentreale Noorde, Otjozundjupa- en die Khomasstreek sal voortduur.
Mnr. Marius Sheya, goewerneur van die Kunenestreek, het gister in ’n verklaring gevra vir ‘n kollektiewe verbintenis tot noodleniging en tegniese bystand aan dié streek wat in die knelgreep van ‘n verwoestende droogte verkeer, berig Nampa.
Hy sê dele van Outjo en Kamanjab het “minimale reën” gehad, maar baie kiesafdelings in die streek is nog uiters droog.
Volgens Sheya is dit slegs deur tegniese bystand en die verspreiding van noodvoorrade en die mobilisering van hulpbronne, dat verlies aan menselewens weens die droogte, voorkom kan word.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie