Droëbek digby oasis
JAN DE JAGER SKRYF:
Toe ons vyf jaar gelede op Omaruru Wildlife Estate (OWE), net vyf kilometer buite Omaruru op pad Uis toe, ’n naweekplekkie gekoop het, was ons in die sewende hemel in ons paradys.
OWE val in die munisipale gebied van Omaruru en die munisipaliteit moet dienste soos water en vullisverwydering voorsien en die paaie onderhou, maar verskaf geen elektrisiteit nie. Ons het dus almal sonkragstelsels.
Ons betaal almal ons maandelikse heffings, so wat kon verkeerd gaan?
Omaruru is ’n wonderlike skoon en mooi dorpie en hier is altyd iets aan die gang oor naweke. So wat kan verkeerd gaan?
Verrassing! Bitter min gaan reg op OWE.
Ons moet self ons paaie onderhou, want die munisipale padskraper is altyd stukkend. Ons betaal tans iemand om een keer ’n maand ons paaie te skraap en het twee jaar gelede amper N$500 000 uit ons sakke betaal om ons paaie reg te maak na die reën - waarvoor ons aan die munisipaliteit maandeliks ons heffings betaal, sonder dat hulle die vermoë het om iets te doen aan ons paaie!
Maar dis niks. Ons het ook gereeld nie water nie!
Die munisipaliteit is onbevoeg om die basiese kommoditeit te voorsien. Water is volop in Omaruru, maar om dit by ons te kry, is ’n gebedsaak. Daar gaan soms tot twee weke verby dat OWE sonder water is.
Ons waterfiskaal is gereeld in gesprek met die CEO, maar daar gebeur niks nie; net leë beloftes.
Weet iemand hoe dit voel om gaste te hê, maar dan moet elke persoon wat toilet toe gaan ’n emmer water uit die swembad saamneem? Dit is as jy ’n swembad het.
Jy kan nie was nie, nie skeer nie, nie koffie maak nie. Of jy gaan koop vyfliterkanne water ten duurste in die dorp of jy gaan bedel water by iemand wat ’n boorgat ten duurste geboor het, want as jy gelukkig is op OWE, kry jy boorgatwater op 180 meter. Tot jou alwyne en vetplante vrek, om van grasperke nie eers te praat nie.
Voor jy dus vir die naweek gaste kan nooi, moet jy eers uitvind of daar water is. Aanvanklik het dit goed gegaan, maar so ’n jaar of wat gelede het ons oor Kerstyd vir tien dae sonder water gesit en die laaste ses maande het ons ten minste vir vier dae elke week geen water nie.
Maar in die dorp gaan dit jolig! Duisende liter water word gebruik om die grasperke by Luna Park nat te maak vir die Oasisfees ’n week of wat gelede (wat blykbaar die munisipaliteit N$500 000 gekos het), maar daar is nie geld om die pompe reg te maak om aan ons water te voorsien nie.
Gerugte is dat die CEO asook twee ander raadslede elk ’n motorwasbesigheid in die informele woonbuurt het en daar loop die water blykbaar vrylik, maar ons het nie water nie en ons heffings raak elke jaar meer.
Van ons inwoners probeer nou hulle plekke verkoop, maar sodra die voornemende koper hoor van die waterprobleem, is daar geen belangstelling meer nie.
Die CEO en bestuur van Omaruru, asseblief, trek julle sokkies op en doen waarvoor julle betaal word. Dalk is die oplossing om ons heffings te weerhou soos water van ons weerhou word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie