Drobisch slaan eerste groot slag vir 2017
Drobisch slaan eerste groot slag vir 2017

Drobisch slaan eerste groot slag vir 2017

Michelle Vorster het die eerste vroueresies van die plaaslike seisoen gewen, met Irene Steyn in die tweede plek.
Tielman van Lill
Till Drobisch, die verdedigende nasionale individuele tydtoets- en padfiets­kampioen vir 2016, het Sondag die eerste ren van die 2017 Nedbank Windhoek Pedal Power padfietsreeks gewen.

Drobisch het in die resies oor 100 kilometer op die Dordabis-pad teen Lotto Petrus en Johannes Hamunyela van die NCCS-span (Namibia Cleaning Chemical Solutions) geseë­vier. In die vroueresies oor 70 km het Michelle Vorster sake oorheers, met Irene Steyn sowat vier minute later.

Drobisch wat in Duitsland vir Team 0711/Cycling ry, het van Petrus en Lotto weggebreek en bykans 'n minuut voor dié duo en die jaende bondel ryers oor die wenstreep gery.

Drobisch het aan die plaaslike nuusagentskap Nampa gesê die wedren was moeilik, maar dat sy taktiek hom gehelp het om van sy mededingers ontslae te raak.

“Dit is altyd lekker om die eerste resies van die jaar te wen, want die meeste ryers neem daaraan deel.

“Toe ek vir die eerste keer aan dié ren deelgeneem het, was daar maar 12 of 15 deelnemers. Nou is dit 'n groot geleentheid waar goeie getalle ryers opdaag. Dit is 'n goeie teken vir fietsry in die land,” het Drobisch vertel.

Sy volgende mikpunt is die tweede grote van die plaaslike seisoen, die 2017 Nedbank Challenge padfietsrit wat op 29 Januarie aangebied word.

Petrus, wat ná Drobisch klaargemaak het, is ook van mening dat die kompetisie in groot getalle groei en was tevrede met sy tweede plek.

Vorster is tans besig om vir die moordende Absa Cape Epic bergfietstoer van 691 km voor te berei wat in Maartmaand in die Wes-Kaap aangebied word.

Volgens haar is 'n goeie prestasie by dié gesogte spankompetisie haar grootste doelwit vir die komende jaar.

Die Windhoek Pedal Power-reeks bestaan uit ses renne waaraan ryers, afhangend van hul ouderdomsklas, aan die 10 kilometer, 30 km, 50 km, 70 km of 100 km kan deelneem.

Sondag se voorste ­uitslae was:



ELITE MANS, 100 km

1 Till Drobisch 2:36:38

2 Loto Petrus 2:37:40

3 Jo-joe Hamunyela 2:38:47

4 Ingram Cuff 2:38:47

5 Drikus Coetzee 2:38:54

6 Xavier Papo 2:41:12

7 Adriaan Maartens 2:44:55

8 Heiko Diehl 2:46:05

9 André de Klerk 2:46:09

10 Horst Neumann 2:46:21



ELITE VROUE, 70 km

1 Michelle Vorster 1:49:53

2 Irene Steyn 1:53:41

3 Michelle Döman 1:53:54



ONDER 23 MANS, 100 km

1 FC Smith 2:42:47

2 Danzel de Koe 2:44:43

3 Brandon Plaatjies 2:44:45

4 Hamukoto Melkesedek 2:49:43

5 Diego Izaaks 2:53:48



JUNIOR MANS, 100 km

1 Marcel Holtz 2:45:13

2 Alexander Büchner 2:50:49

3 Schalk van der Merwe 3:00:16



JUNIOR VROUE, 50 km

1 Steffanie Grossmann 1:26:50



SUBVETERAAN MANS, 70 km

1 Jaco Hanekom 1:49:50

2 Willie van Zyl 1:49:52

3 Pierre Knoetze 1:49:54

4 Cobus Smit 1:49:56

5 Frikkie van Greunen 1:50:22



SUBVETERAAN VROUE, 50 km

1 Tersia van Zyl 1:30:24

2 Maike Bochert 1:31:13

3 Vicki Vosloo 1:40:00

4 Mimi Hough 1:43:54

5 Martenique Scott 1:44:37



VETERAAN MANS, 70 km

1 Fanie Steenkamp 1:49:53

2 Philip Steyn 1:50:09

3 Allan Vivier 1:50:22

4 Frank Bombosch 1:50:24

5 Louis Peens 1:50:24



VETERAAN VROUE, 50 km

1 Fanie Steenkamp 1:49:53

2 Philip Steyn 1:50:09

3 Allan Vivier 1:50:22

4 Frank Bombosch 1:50:24

5 Louis Peens 1:50:24



B-KATEGORIE MANS, 50 km

1 Richard Meeks 1:26:47

2 Steven Pascke 1:26:49

3 Neil Dyason 1:26:49

4 Paul Brinkmann 1:28:09

5 Ben Haiduua 1:30:52



B-KATEGORIE VROUE, 30 km

1 Bianca Janse van Vuuren 1:04:59

2 Ingrid Scholtz 1:14:26

3 Marsha Nel 1:17:53

4 Janda Nel 1:23:12

5 Christine Hyman 1:43:10



MEESTERS MANS, 50 km

1 Gerhard Mans senior 1:26:48

2 Koos van Staden 1:26:50

3 Frank Snyman 1:26:50

4 Jan Matthys Nel 1:26:53

5 Danie Myburgh 1:30:53



MEESTERS VROUE, 50 km

1 Barbara Ackermann 1:29:541

2 Mandy Huysamen 1:31:22

3 Berrit Graf 1:53:44

4 Renate Penzhorn 1:58:23



GROOTMEESTERS MANS, 50 km

1 Hartmut Ruppel 1:28:32

2 Roland Graf 1:42:35

3 Justin Ellis 1:43:56

4 Chris Muir 1:46:55

5 Hans-Peter Drobisch 1:50:32



GROOTMEESTERS VROUE, 50 km

1 Hester Cuff 2:02:37



SEUNS ONDER 16, 70 km

1 Dieter Koen 1:52:48

2 Divan du Plooy 1:54:04

3 Baisako Passana 2:49:15



MEISIES ONDER 16, 50 km

1 Jessica Hoeksema 2:03:36



SEUNS ONDER 14, 50 km

1 Bergran Jensen 1:26:59

2 Justin Vosloo 1:27:06



SEUNS ONDER 12, 30 km

1 Kevin Lowe 1:03:21

2 PD Blignaut 1:10:12

3 Nicholis du Plessis 1:10:27

4 Jaden Scholtz 1:11:04

5 Adrian Key 2:28:09



MEISIES ONDER 14, 30 km

1 Monique du Plessis 1:09:11



SEUNS ONDER 10, 10 km

1 JP Blignaut 0:23:16

2 Nathan Chase 0:23:21

3 Micah Chase 0:27:59

4 John-Darren Esterhuizen 0:31:09



MEISIES ONDER 10, 10 km

1 Adrielle Baumgarten 0:25:24



PRETRESIES

1 Anna-Michel Weber 0:36:37

2 Genevieve Weber 0:36:42

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer