Droefheid bly vir altyd op die hardeskywe van die lewe
Des Erasmus - By ‘n kliptafel by ‘n sydeur as plekkie van mymering, oordenking en bepeinsing, kom sit die Simon in my lewe ook op 29 Januarie aan. ‘n Groetslag is nie nodig nie, want die lewe is ons samesyn.
Onthou jy? So vra die ou wat net die waarheid ken. Sonder om op ‘n antwoord te wag, gaan hy dan net aan.
“Onthou jy 28 Januarie en die dag daarna? Ek bedoel ons nag van angs in ‘n doodloopstraat van die Vineta-buurt?”
‘n Effense antwoord is ‘n huiwerige knik van die kop, maar horende doof gaan my Simon net met sy alleenspraak aan.
Hy vertel.
Hy skat dit was die Vrydagaand so knap voor elfuur. Daar is gegroet vir die nag se slaap met ‘n wedersydse onderneming dat die Saterdag ‘n wonderlike dag gaan wees. Kom Saterdag gaan dit Henties toe wees om huise te gaan kyk. Met die instap na die jong man en sy mense se nessie vir die nag, het hy sy petjie op ‘n tafeltjie by die deur laat rus. R//B met die twee horisontale strepies bokant die kappie het die reklame vir die onbekende skenker gestaan.
Toe die nag. Omstreeks vieruur die Saterdagoggend het ‘n jong vrou smekend om hulp geroep. In hul slaap het die man ‘n ruk gegee en ligkens van die bed geval. Hy soek sy asem en sy lewe, maar wakker kry sy hom nie. ‘n Stiefma wat hy deel van sy lewe gemaak het, het ‘n ambulansdiens geskakel en uitgestorm straat toe om die bystanders die plek van die nood te wys. Bure het die flikkerlig gesien en hulp kom bied. ‘n Bevriende buurvrou het deur die doolhof van die kombuis gedelf om ‘n koffiekan te stook.
Medics wat oorneem en die verdwaasdes vra om ‘n bietjie terug te staan. Toe ‘n hand wat huiwerend beduie om ‘n bietjie nader te staan.
“Dis verby”.
Net twee woorde het die verpletterende boodskap gedra.
Instink het oorgeneem. In die handpalms is gevoel. Dit het koud geword soos die beklemming in ons eie wese. ‘n Laaste keer is oor die effense stoppelhaar van ‘n man gevee wat eens ‘n troetelkind was waar hy in sy nagpak met die treintjies op ‘n drukkie gee. Stoppelhare waarvan die steekplekkies vandag nog in ons handpalms brand.
Die noodspan het gesê ‘n polisieman moet kom sodat die dood bevestig kon word. En ons? Ons het met plathande op die roesblad van ‘n werkerstafel net buite die kombuisdeur gestaan. Flou deur die newel het ‘n sekelmaan gehang. Weer het die medics oorgeneem. Hul ambulanswa sal die oorskot na die lykhuis bring. Nog een by name Ben het in die voorhuis by gebroke en geskokte mense kom staan en gevra om in hierdie dagbreekuur in gebed met ons Skepper te gaan.
Onwetend van die genadelose slag wat haar toegedien is, het ‘n tweejarige dogtertjie geslaap en gedroom oor waar sy oor die strand aan vadershand sou stap. Toe het die huistelefoon en die selfone onophoudelik begin lui. Elkeen had net een versugting dat die tyding wat hulle gekry het nie waar kan wees nie.
Onthou jy die volgende dae toe ons sterk moes staan? Begrafnisreëlings en mense van na en ver?
Dan blaas my Simon sy aftog met ‘n indrukwekkende swye.
Weer aanvaar ek meesterskap oor ‘n situasie wat ek aanvaar en waarby berus word, maar nimmer kan verstaan nie.
En ek sê vir myself elke mens het maar ‘n Simon in sy lewe. Dit is die hardeskyf in elke wese waarop die ewige waarheid vir altyd opgeteken staan. Kom groot datums word die sandskrif op die marmersteen van onthou net afgestof en blinkgevryf.
En ek dink aan almal wat ‘n geliefde aan die dood moes afstaan. Ek dink aan almal wat spartel om die brokke van die dood weer bymekaar te kry. Onthou is ook ‘n sakdoek waarmee trane afgevee kan word. Dit bly ‘n gister wat nooit verskiet nie.
Want ek weet.
Digter SV Petersen het vir my geskryf: “Leer my berusting dan . . .”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie