‘Dronk’ bestuurder maak noodlottige ongeluk
'n Elfjarige meisie is een van verskeie slagoffers wat die afgelope dae gesterf het.
Tanja Bause – Maandag om 02:00 het 'n motorongeluk in Windhoek die dood van mnr. Jona Muulila veroorsaak.
Die bestuurder van ’n Polo het op die Monte Christo-pad teen Muulila se Nissan gebots. Die bestuurder van die Polo was glo onder die invloed van alkohol. Hy het na bewering van die ongelukstoneel gevlug, waarna 'n taxidrywer hom gevang en terug na die toneel geneem het. Hy is deur die polisie in hegtenis geneem.
In 'n ander ongeluk is die bestuurder van ’n dubbelkajuitbakkie, mnr. Hennie van Heerden (48), dood toe sy voertuig omgeslaan het. Die ongeluk het Saterdag om 18:30 op die hoofpad tussen Okahandja en Ovitoto gebeur. Hy het glo beheer oor die voertuig verloor en die bakkie het van die pad af gery waarna dit omgeslaan het. Die 11-jarige Bernice Kotze het ook in die ongeluk omgekom. Nog twee passasiers is in die Okahandja-staatshospitaal opgeneem.
Sondag is me. Sibongile Gases op die hoofpad tussen Walvisbaai en Swakopmund deur ’n taxi doodgery. Volgens die polisie se misdaadverslag het die voertuig waarin sy ’n passasier was, net voor die Swakopmund-brug stilgehou. Die passasiers het uit die voertuig geklim en sy het glo besluit om oor die pad te stap. Gases is deur die taxi getref wat na Walvisbaai onderweg was. Sy het op die toneel gesterf.
Sondag om 20:00 is die 34-jarige me. Selifa Sabian in die Okamwandi Kanandjokwe-nedersetting op Oniipa deur ’n sedanvoertuig gestamp. Sy is later in die Onandjokwe-hospitaal dood. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. Die polisieondersoek duur voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie