Droogte-dekkers ly groot verliese
Justin Brown
Versekeringsmaatskappye wat droogtedekking aan boere bied, het “verwoestende verliese” gely weens die huidige droogte, wat beskou word as die ergste in Suid-Afrika in dekades.
Volgens Reinhard Kuschke, besturende direkteur van AgriSeker, het die maatskappy 230 eise teen sy droogtepolisse ontvang. AgriSeker het 270 polisse wat ’n oeswaarde van nagenoeg R1 miljard dek.
Dié eise het ’n verliesverhouding van 239% tot gevolg gehad, wat beteken vir elke R1 wat in premies aan die maatskappy betaal is, hy meer as R2 in eise moes uitbetaal.
Eise vir somergewasse het 90% van die droogte-eise uitgemaak en wintergewasse die res.
Van die eise wat verband hou met somergewasse, het mielies 65% van die totaal uitgemaak, graansorghum 25%, sonneblomme 4% en ander oeste die oorblywende 6%.
Die meeste van die eise vir somergewasse is ontvang uit die Vrystaat en Noordwes, waar die droogte die ergste gevoel is.
Vir wintergewasse het 60% van die eise gekom van koringaanplantgebiede in die Wes-Kaap.
AgriSeker is die onderskrywer vir die Landbank-versekeringsmaatskappy se oesversekeringsprogram.
“Die Landbank-versekeringsmaatskappy hou die versekeringslisensie, maar kontrakteer ’n onderskrywersbestuursagentskap namens hom,” het Kuschke gesê.
Gedurende die oestydperk het verteenwoordigers van AgriSeker ’n waardebepaling van oeste gedoen vir dié boere wat eise ingedien het.
In 2015 het die maatskappy ook baie droogte-eise ontvang. Kuschke het gesê drie uit die afgelope vier seisoene was moeilik vir AgriSeker weens droogtes.
Gegewe die situasie is AgriSeker nou besig om sy beleid oor droogtedekking te hersien om ook pasgemaakte en toepaslike dekking vir ontluikende boere in te sluit. Die regering steun die hersiening van oesversekeringspolisse. Die staat was in die proses om ’n vennootskap tussen die private en openbare sektor tot stand te bring wat oesversekering in die sektor sou hanteer.
Volgens Kuschke is baie boere se veerkragtigheid ook, nes dié van AgriSeker, deur die voortdurende droogtetoestande getoets. Weens hul finansiële posisie kan heelwat boere gedwing word om die bedryf te verlaat, het hy gewaarsku.
Santam het vroeër vandeesmaand bekend gemaak dat sy onderskrywersresultate goed lyk te midde van die uitdagings, maar dat dit tog getref is deur enkele groot, korporatiewe eiendomseise en ’n afname in oeswinste weens droogteverwante eise.-Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie