Droogte dood 110 in 48 uur
Somalië
Nagenoeg 110 mense het in twee dae in die suide van Somalië weens die droogte aan hongersnood en diarree gesterf, het die land se eerste minister aangekondig.
Dít terwyl die land hom op wydverspreide voedseltekorte voorberei.
Die Verenigde Nasies se agentskap vir kinders, Unicef, het vroeër gewaarsku tot 270 000 kinders kan vanjaar aan wanvoeding ly.
Die eerste minister het gesê die regering sal sy bes doen, maar het alle Somaliërs aangeraai om sterwende landsburgers te help.
In 2011 het nagenoeg 260 000 mense weens honger in Somalië gesterf.
Die land gaan ook gebuk onder veiligheidsprobleme, met die hoofstad Mogadisjoe en ander gebiede wat gereeld onder aanvalle van Al-Sjabaab-militante deurloop. - Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie