Droogte- en wintervoeding vir beeste
Droogtevoeding neem normaalweg ’n aanvang wanneer die weiding nie meer in staat is om minstens 30% van die dier se voedingsbehoefte te voorsien nie. Die kernboodskap vir droogtevoeding is eerstens om so gou moontlik van enige oortollige diere (speenkalwers), oorslaankoeie, uitskotdiere en bemarkbare diere ontslae te raak deur hulle te verkoop of af te rond en te bemark.
Tweedens moet so ver moontlik probeer word om in die minimum behoeftes van reproduserende diere (dragtige en lakterende koeie) asook verse te voorsien om steeds ’n aanvaarbare reproduksietempo te handhaaf.
opsies vir Droogtevoeding
Die produsent se opsies hang af van sy eie finansiële situasie; of hy ’n stoet- of kuddeboer is; watter grondstowwe hy beskikbaar het of kan bekom asook die lengte en die ernstigheid van die droogte.
Kuddeboere, veral dié wat nie ’n goeie gehalte kudde het nie, kan oorweeg om al sy diere te verkoop, die geld te belê en ná die droogte weer diere aan te koop. Daar moet egter onthou word dat aanteeldiere na ’n droogte dikwels skaars en duur is. Vir die stoetboer is dit egter nie ’n opsie nie.
Oorweging kan geskenk word om kuddediere net vir oorlewing te voer, maar dit moet opgeweeg word teen baie lae kalf- en speenpersentasies asook lae speenmassas.
Vir produsente met goeie gehalte kuddes en stoetboere is die beter opsie om so gou moontlik alle oortollige diere te bemark en die res teen so ’n vlak te voer dat hulle steeds teen ’n aanvaarbare vlak produseer en reproduseer.
Voorafgaande besluite moet teen die agtergrond geneem word dat op geen droogtehulp of finansiële ondersteuning van die regering staatgemaak kan word nie.
Algemene opmerkings
Droogte dien net een goeie doel en dit is dat dit diere uitwys wat swak aangepas is. Hulle kan gemerk word en later wanneer hulle kondisie verbeter het, bemark word.
Lekke dien slegs as ’n aanvulling van ’n beperkende voedingstof of -stowwe tot weiding en is nie ’n voer nie. Dit word daarom slegs aanbeveel wanneer daar voldoende weiding is of as voldoende ruvoer addisioneel verskaf word.
Uitermate hoë lekinnames kan gedurende ’n droogte voorkom wanneer voldoende weiding of ruvoer nie beskikbaar is nie. Dit is bekend dat diere wat erg verhonger is, veral as hulle vir ’n tydperk ’n proteïengebrekkige dieet ontvang het, in ’n groot mate hulle vermoë verloor om ammoniak in die lewer na ureum om te sit. Selfs baie lae ureuminname kan in hierdie omstandighede toksies wees. Hoë ureumbevattende produkte moet met omsigtigheid in hierdie omstandighede aanbeveel word omdat dit tot ureumvergiftiging kan lei. Maer diere op proteïengebrekkige en skaars weiding moet nie ureumryke produkte gevoer word nie, tensy dit met grane of melassemeel verdun is.
Wanneer die droogte gebreek is, moet diere van die weidings gehou word totdat daar voldoende groen weiding beskikbaar is om te voorkom dat die diere agter die groen opslag (green pick) aan hardloop wat tot groot vrektes in die geval van swak diere aanleiding kan gee. Sodra voldoende weiding (minstens 3 cm hoog) beskikbaar is, moet die diere geleidelik oor ongeveer sewe dae daarop aangepas word deur hulle aanvanklik net vir een tot twee uur per dag te laat wei en elke dag die tyd te verleng.
Indien diere nie aangepas word nie kan dit tot spysverteringsteurnisse en vrektes lei. Diere moet nie honger wees wanneer hulle finaal op die groenweiding uitgeplaas word nie. Gee dus hulle daaglikse rantsoen voordat hulle laatnamiddag op die weidings geplaas word. Indien maagwerk op die groen sappige weidings voorkom, kan ruvoer indien beskikbaar, addisioneel bygevoer word.
Byvoeding wanneer geen weiding beskikbaar is nie
Beeste kan nie sonder ruvoer deur die droogte gaan nie. Wanneer geen veld of weiding beskikbaar is nie, moet hooi/ruvoer aangekoop word en as volg aangevul word:
(1) Vir droë diere kan die ruvoer saam met ’n onderhoudslek (proteïenlek) gevoer word.
(2) Verse, laatdragtige en lakterende koeie moet ruvoer saam met ’n produksielek gevoer word.
Indien geen ruvoer beskikbaar is nie, is al opsie om ’n volledige rantsoen te voer. Vir droë diere kan droogte- of onderhoudskorrels gevoer word. Vir produserende en reproduserende diere moet volledige produksiekorrels gevoer word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie