Droogte hoog op agenda
Estelle de Bruyn - Die tweede jaar van agtereenvolgende droogte en die impak daarvan op ongeveer ’n kwart van die Namibiese bevolking was een van die sleutelbesprekingspunte tydens die vergadering van Swapo se sentrale komitee wat Sondag in Windhoek gehou is.
Volgens Swapo se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba, raak die droogte ongeveer 500 000 Namibiërs regstreeks. Tydens die vergadering van die sentrale komitee het die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, omvattend verslag gedoen oor wat van die regering se kant gedoen word om die impak van die droogte die hoof te bied. Voedselbystand in die vorm van onder meer mieliemeel, geblikte vis en vleis word aan hulpbehoewendes verskaf.
Tydens die byeenkoms het die president van Swapo, dr. Hage Geingob, aangekondig dat hy in sy persoonlike hoedanigheid ’n os vir die voedselhulpprogram sal skenk. Die Swapo-streekkoördineerder vir die Oshikotostreek, mnr. Armas Amukwiyu, het Geingob se voorbeeld gevolg en ook ’n os vir die program aangebied.
Kuugongelwa-Amadhila het ook bekend gemaak dat die droogtehulpskenking ter waarde van N$100 miljoen, wat ’n paar jaar gelede tydens ’n besoek van Suid-Afrika se pres. Jacob Zuma aangekondig is, ook ’n werklikheid geword het en deur Namibië in ontvangs geneem is.
Volgens die eerste minister is die vooruitsigte vir reën vanjaar gemiddeld tot ondergemiddeld en die oesverwagting is steeds swak, al is dit effens beter as verlede jaar. Gevolglik bied huishoudelike voedselveiligheid en weiding groot uitdagings aan die land.
Onwettig
Tydens die vergadering is die versekering ook gegee dat die regering ernstig besig is om oplossings vir die water- en elektrisiteitstekort te soek.
Wat die onlangse hoërhofuitspraak ten gunste van die vier geskorste jeugligalede van die party, dr. Elijah Ngurare, en mnre. Job Amupanda, George Kambala en Dimbulukweni Nauyoma betref, het Mbumba die versekering gegee dat Swapo die hofuitspraak respekteer en aanvaar. Die hof het bevind dat hul vroeëre skorsing uit Swapo onwettig was en dat hul lidmaatskap herstel moes word.
Mbumba het gesê al vier is nou gewone lede van die party.
Voorbereidings vir die tweede nasionale konferensie oor partybeleid, wat in September of Oktober vanjaar sal plaasvind, is ook tydens die vergadering bespreek en lede is genooi om vooraf bydraes te lewer.
Kennis is ook geneem van die samewerking tussen voormalige bevrydingsorganisasies in Suider-Afrika, te wete, die Chama Cha Mapinduzi (CCM) party in Tanzanië, Zanu-PF in Zimbabwe, die Angolese MPLA, Frelimo van Mosambiek, die ANC en Swapo. Die sogenaamde “susterpartye” is aangemoedig om samewerking op sowel politieke, ekonomiese as diplomatieke gebied te verdiep en nouer saam te werk wanneer dit die voorbereiding vir verkiesings raak.
Mbumba het ook daarop gewys dat iets soos ’n tussentydse of waarnemende president nie in Swapo bestaan nie en dat Geingob inderdaad die president van die party is, al is hy nie op ’n kongres deur ’n meerderheid verkies nie. Volgens Mbumba het oudpres. Hifikepunye Pohamba met sy uittrede as partypresident, die leisels aan Geingob oorhandig. Dit maak hom outomaties die party se volwaardige president.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie