Droogte teelaarde vir nuwe generasie boere
Die droogte was uitdagend, maar het skaapboer Pieter van Schalkwyk die belangrikheid van intensiewe praktyke geleer.
Alta Strauss - Ondanks die uitdagings wat die ergste droogte sedert die tagtigerjare vir Pieter van Schalkwyk (54) van Samehaling naby Aroab gebied het, het hy onwrikbare hoop vir die toekoms van kommersiële skaapboerdery in die land.
Pieter en sy vrou Helena is die vierde generasie boere op die plaas Samehaling in die Suide van Namibië. Samehaling is reeds meer as 120 jaar in die familie en is die oudste Dorperboerdery in die land.
Met die rooivleisbedryf wat N$6 miljard uitmaak van die N$8 miljard wat landbou bydra tot die staatskas, speel spesifiek die rooivleisbedryf ’n sentrale rol in die land se ekonomie. Daarom ontvang dié sektor ook goeie ondersteuning van die regering, sê hy.
Jong boere het blink toekoms
Wanneer ons praat oor die toekoms van skaapboerdery en jong boere in die land, is Pieter optimisties: “Ek dink die droogte het ’n baie goeie generasie jong kommersiële boere gekweek. Met ’n goeie klomp reënjare, gaan hierdie generasie jong boere regtig tot hulle reg kom en baie goed produseer. En dit gaan skaapboerdery in Namibië baie goed doen.”
Die huidige ekonomiese klimaat het veral jong boere genoodsaak om die beproewings van boerdery te trotseer, te deurstaan en te oorkom, sê hy. Buiten die droogte van die afgelope 8 jaar, wat in sekere dele van die land steeds voortduur, was daar ook die uitdagings wat deur die Covid-19-pandemie geskep is.
“In hierdie uiters uitdagende tye het die toepassing van presisiepraktyke en ’n intensiewe benadering ’n deurslaggewende rol gespeel in die behoud van boerdery in die land. Terselfdetyd het dit ook geleentheid geskep vir ekonomiese herstel.”
Genetika die deurslag
Een van die primêre fokuspunte tydens die droogte was om weg te doen met swak genetika. Hier het die proses van natuurlike seleksie ook ’n groot rol gespeel. Boere moes intensiewe beginsels begin toepas, vertel Pieter. Dit sluit in om sekuur voer te gee. “Dis ’n hoë risiko manier van boer en dinge kan baie maklik verkeerd gaan. Swak voeromsetters moes so gou moontlik in die voerkraal gesit en bemark word. Dit het beteken dat diere in sekere instansies teen ’n verlies verkoop is.”
Genetiese besluite het oor baie jare al ’n groot impak op Pieter se skaapboerdery. Hy het dus ’n goeie begrip van die noodsaaklikheid daarvan. Hy is beide ’n stoet- en ’n kommersiële boer en meen wat geneties in jou stoet plaasvind, óók in jou kommersiële kudde behoort plaas te vind. So het hy in praktyk bewys hoe jy met die toepassing van slim wetenskap, in moeilike en uitdagende tye steeds jou boerdery van krag tot krag kan laat gaan.
Pieter sê dit is belangrik om te besin oor die doel van jou stoet. In die geval van Samehaling, gebruik hy sy stoet om die kommersiële kudde genieties meer winsgewend te maak. “Hoe moeiliker die boerdrykonteks is, hoe slimmer moet ons boer.”
Die drie hoof genetiese eienskappe waarna hy soek in sy kommersiële kudde is (in volgorde van belangrikheid): Vrugbaarheid, goeie moederskapeienskappe en karkaskwaliteit. Alhoewel karkaskwaliteit maklik evalueerbaar is, is deeglike boekhouding nodig om die vrugbaarheid en moederskapeienskappe van ’n ooi akkuraat te kan bepaal.
Hou ooie in produksie
Nog ’n reuse-uitdaging in droogtetye is om diere in produksie te hou. Hoe droër, hoe meer intensief die beginsels wat implimenteer moet word. “Verlede jaar was ongetwyfeld die moeilikste jaar met ’n ongekende droogte,” sê hy.
Met kundigheid moes definitiewe lamdatums vir ooie fyner bereken word. Ooie is dan uitgehaal en in kleiner kampe geplaas wanneer hulle lam. Daar is noukeurig toegesien dat hulle die regte voeding ontvang om aan hul spesifieke behoeftes te voldoen.
Dit het verseker dat hulle hoë kwaliteit biesmelk aan lammers kon voorsien. Lammers kon vinniger groei en is op 2,5 -3 maande afgehaal en in die voerkraal gesit vir afronding.
Lammers wat vroeër weggeneem is van die ooie, het dit moontlik gemaak om ooie makliker en relatief goedkoop in die regte kondisie te hou. Op hierdie wyse het hy die reënseisoen binnegegaan met ooie wat in produksie was.
Toe die eerste reën val, kon hy hierdie intensiewe beginsels staak en weer ekstensief begin boer. Ooie kon in die veld lam en lammers in die veld grootmaak en lammers kon vanaf die veld bemark word.
Herbouing van kuddes
Volgens Pieter het hierdie volgehoue intensiewe benadering en presiese praktyky ’n baie groot finansiële ommeswaai in sy boerdery gebring. Met minder insetkostes per lam, lammers wat swaarder bemark kan word en die styging van sowat 50% in die prys per kilogram, kon die Van Schalkwyks vanjaar dubbel soveel en selfs meer uit ’n lam maak as verlede jaar. Dit het hulle ook in staat gestel om ooilammers terug te hou en die kuddes weer op te bou.
Vanjaar spog Samehaling met ’n rekord getal meerlinge en skryf dit toe aan ’n top- geneties kernkudde bestaande uit hoë produserene ooie wat in produksie is (die direkte uitvloeisel van streng genetiese seleksie wat tydens die droogte toegepas is), en ’n besondere goeie reënseisoen.
Saam met ‘n goeie reënseisoen, gee kundige boerderypraktyke soos wat Pieter op Samehaling toepas, vir boere hoop in uitdagende tye.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie