Droogte, uitvoerkrisis blus skoulus
Helfte minder beeste in Windhoek vertoon
Ronelle Rademeyer – Die knelgreep van die droogte saam met die impak van Suid-Afrika se nuwe invoerregulasies op lewende uitvoere lê nie net veilings lam nie, maar het ook skou-inskrywings in die beesafdeling drasties laat daal.
Die Windhoek Skou, wat oormôre begin en tot 7 Oktober duur, sal net 259 beeste (30 telers, 9 rasse) vertoon. Dit is tien telers en 172 beeste minder as verlede jaar.
Altesaam 54 kleinveetelers het 1 440 stuks kleinvee (11 rasse) ingeskryf, met dié getal wat ook effens swakker is as in 2015.
Mnr. Mecki Schneider, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO) wat self net vyf Brahmane skou toe bring, sê die ekonomiese werklikheid waarin beesboere hulle tans bevind, is een van die hoofredes vir die afname in skou-inskrywings.
“Dit kos ’n hele paar duisend dollar om ’n bees vir die skou voor te berei. Die koste hang van teler tot teler af, maar kan tussen N$3 000 en N$5 000 per bees beloop. En dit sluit nie die arbeidskoste in nie.
Verder kos dit my al N$15 000 om my diere van Grootfontein af in Windhoek te kry,” sê hy.
“Insetkoste het geweldig gestyg en die gemiddelde pryse van bulle op veilings het gedaal. As mense die somme maak, balanseer die insette en dit wat jy uitkry, nie meer nie.”
Mnr. Hennie Kruger, hoof van die vee-afdeling by Windhoek Skou, stem saam en sê “die droogte, saam met die toe grense” speel beslis ’n rol.
Inskrywings
Geen grootveerasse bied vanjaar nasionale kampioenskappe aan nie, terwyl die Persie die enigste kleinveeras is wat nasionale kampioene gaan kroon.
In 2014 het altesaam 108 telers 1 900 stuks vee vir die skou ingeskryf (1 295 stuks kleinvee deur 48 telers en 605 beeste deur 60 telers). In 2013 is 388 beeste deur 50 telers vertoon en 1 131 kleinvee deur 41 telers. Wat die kleinvee betref, is in 2012 ’n rekordgetal van digby 1 800 diere ingeskryf.
Die beesrasse se inskrywings is soos volg: Braunvieh (12), Simbra (35), Simmentaler (56), Charolais (18), Sussex (4), Afrikaner (7), Brahman (125) Die Angus-, Brangus-, Hereford-, Dexter-, Limousin-, Romagnola- en Santa Gertrudisrasse skou nie vanjaar nie.
In die kleinvee-afdeling sal Boerbokke (579), Kalahari Reds (83), Savannas (34), Inheemse bokke (77), Damaraskape (147), Dorpers (14), Wit Dorpers (5), Van Rooys (262), Persies (115), Veldmasters (84) en Gelappers (40) vertoon word.
Anders as vorige jare, sal daar hierdie jaar twee afsonderlike veeparades vir die groot- en kleinvee aangebied word. Sien ble. 20 en 22 vir die volledige programme.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie