Droogtehulp vir Kunenestreek
Die eerste droogtehulp van die regering is aan behoeftige mense in die Kunenestreek afgelewer.
Volgens die jongste kabinetsbesluite wat tydens die vierde besluitnemingsvergadering geneem is, is die eerste voedselhulp vir boere wat aan die buitewyke van Opuwo in die droogtegeteisterde Kunenestreek kamp opgeslaan het, in Februarie uitgedeel. Die hulp het uit 600 sakke mieliemeel en 7 200 blikkies vis bestaan.
’n Bykomende 60 868 blikkies vis en 3 000 sakke van 10 kg mieliemeel is afgelewer, nadat nog mense van die gemeenskap as behoeftig geïdentifiseer is. Die Kunene-streekraad het 15 217 mense oraloor die streek vir voedselhulp geïdentifiseer.
Die streekraad het ook met die hulp van die direktoraat van landelike waterverskaffing water aan die kwesbare gemeenskappe aan die buitewyke van Opuwo verskaf.
Van die 41 989 bale veevoer wat vanaf die Ndonga Linena- en Etunda-groenskemas aangeskaf is, is 3 300 reeds aan droogtegeteisterde boere gelewer.
Die kabinet het die kriteria goedgekeur waarmee begunstigdes vir die droogtehulp geïdentifiseer word. Die beraamde begroting van N$160 300 000 vir die droogtehulpfonds vir Kunene en sommige kiesafdelings in die Erongo- en Omusatistreek is ook goedgekeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie