Droogterampfonds subsidieer 100 000 voersakke
Die Dare to Care-droogterampfonds het al meer as halfpad gevorder om ’n beoogde N$10 miljoen in te samel.
Elvira Hattingh - Die Dare to Care-droogterampfonds het tot dusver N$5,4 miljoen uit ’n beoogde N$10 miljoen ingesamel.
Dit beteken altesaam 100 000 sakke veevoer kan teen N$50 per sak deur die fonds gesubsidieer word.
Die Namibië Landbou-unie (NLU) se president, mnr. Ryno van der Merwe, het dié nuus Woensdag by ‘n nuuskonferensie bekend gemaak, waartydens Hentiesbaai se Lions-klub N$200 000 aan die fonds geskenk het.
Kia Motors het tydens die geleentheid ’n eerste N$4 000 aan die fonds oorhandig, ná hulle beloof het om N$4 000 aan die fonds te skenk vir elke motor wat hulle verkoop.
“Ons is halfpad daar, maar kort bykomende pogings om die teiken van N$10 miljoen te kan bereik en voer meer bekostigbaar vir landbouprodusente te maak,” het Van der Merwe gesê.
Hy het die hoop uitgespreek dat die res van Namibië aangemoedig sal word om ook ‘n bydrae te maak.
Twee landbou-unies bestuur die veldtog om boere in die huidige droogte te help om bekostigbare voer te bekom gesamentlik: die NLU en die Namibië Ontluikende Kommersiële Boere-unie (Necfu).
Necfu se president, dr. Ndahafa Nghifindaka, het gesê die huidige droogte is ‘n nasionale krisis en dié bydrae sal baie vir boere beteken.
“Ons maak vordering met die fonds,” het sy gesê.
Van der Merwe het bygevoeg planne wat beraam is, asook individue, groepe, instansies en organisasies se pogings om geld vir die fonds in te samel, het hulle aangenaam verras.
Mnr. Gert Grobler, president van Hentiesbaai se Lions-klub, sê hulle het besluit om ‘n bydrae tot die fonds te maak omdat boere die klub al sedert sy ontstaan 11 jaar gelede getrou ondersteun.
“Van ons stigterslede het bereken die waarde van boere se bydrae aan die klub is sowat N$8 miljoen in kontant en tyd. Boere skenk groente en allerhande soorte vleis, wat die klub help om sy aktiwiteite uit te voer.
“Nou is die tyd om iets terug te gee,” het Grobler gesê.
Hy het bygevoeg dit is die klub se manier om vir die jare lange bystand dankie te sê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie