Droogteverklaring eerste in sy soort
Bestuur ‘terug op agenda’
Elvira Hattingh - Die strategiese raamwerk vir droogtebestuur en die verbetering van veerkrag teen droogtegebeure in Afrika sowel as die Windhoek-verklaring is ‘n eerste van sy soort vir enige vasteland.
Dit is verlede week tydens die Afrika Droogtekonferensie deur Afrika-hoofde aanvaar en volgens Namibië se minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het dit droogtebestuur terug op die internasionale agenda geplaas.
Hy het Vrydag tydens die afsluiting van die konferensie gesê die raamwerk staan op ses pilare, naamlik droogtebeleid en droogterisikobestuur; ‘n vroeë waarskuwingstelsel en die monitor van droogte; ‘n droogtekwesbaarheid- en impakstudie; droogteversagting, -voorbereiding en -reaksie; die bestuur van kennis en bewustheid van droogte asook om die onderliggende faktore van droogterisiko’s te verminder.
Die raamwerk sal na verwagting vandeesweek aan die publiek beskikbaar gestel word.
“Voorts moet die raamwerk as riglyn dien vir Afrika-lande, insluitende Namibië, om nasionale en substreek-beleidsrigtings vir droogte te implementeer, wat ons meer voorbereid en proaktief teenoor droogtegebeure sal maak,” het hy gesê.
“Tweedens moet die Windhoek-verklaring daartoe lei dat Afrika-lande die strategiese raamwerk in werking stel deur verskeie praktiese stappe, wat volgens my ‘n verskil in die lewe van boere en landelike gemeenskappe sal maak,” het Shifeta gesê.
Volgens hom sluit dit in die aanvaarding van die raamwerk deur relevante liggame soos die Afrika-unie (AU) asook die ontwikkeling van ‘n bindende protokol vir droogte-risikobestuur onder die vaandel van die Verenigde Nasies se konvensie vir die bestryding van verwoestyning (UNCCD).
“Verder moet ‘n kontinentale, wye netwerk van nasionale instansies vir droogtebestuur en vroeë waarksuwingstelsels op die been gebring word. Ook moet bestaande finansiering in werking gestel word vir verbeterde veerkrag teen droogtegebeure en moontlikhede verken word om ‘n Afrika-trustfonds vir droogte te stig. Verdere Afrika Droogtekonferensies moet ook gehou word om vas te stel watter vordering met die toepassing van die aksies gemaak is,” het hy gesê.
Volgens Shifeta was die konferensie ‘n reusesukses.
“Dit is deur meer as 400 afgevaardigdes bygewoon, wat internasionale en plaaslike kenners vanuit die regering, die burgerlike samelewing en VN-agentskappe insluit, asook verteenwoordigers uit die private sektor.
“Die hooffokus van die konferensie was om ‘n strategiese raamwerk saam te stel vir droogtebestuur en die verbetering van veerkrag teen droogtegebeure in Afrika. Dit het gelei tot die ontwikkeling van die Windhoek-verklaring op veerkrag teen droogte.
“Die raamwerk is verder ontwikkel tydens beide die tegniese en hoërvlak-vergaderings tydens die konferensie. Terselfdertyd het verskeie kenners voorleggings oor onder meer droogtebestuur gemaak – meer as 27 voorleggings is gemaak, terwyl nog sewe geleenthede tersyde aangebied is,” het Shifeta gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie