Droommyl vergaan in erge hittegolf

Anneli Erasmus
Des Erasmus



''n Straatmyl van onder vier minute bly vir Namibiërs net ''n droom. Miskien op dieselfde plek, maar nie onder dieselfde omstandighede wat Saterdag op Omaruru geheers het nie.

Om in so ''n hittegolf aan ''n wedloop deel te neem, moet jy jou kop laat lees. Wat nog te sê van ''n straatmyl van onder vier minute.

Juis dit was waarskynlik vir Kefasha Kondjashili van Nampol net ''n droom waar hy met sy gesig grond toe in die skaduplas van ''n kameeldoringboom gelê het pas nadat hy Saterdag die Omaruru-straatmyl gewen het. Sy 4 minute 19 sekonde was nie naby die rekordtyd van 4 minute 6,4 sekonde nie.

Of die hitte nie erg genoeg was nie, moes hy die laaste paar meter nog alles uithaal om voor nog ''n polisieman, J. Shaliaxwe, in die tweede plek te eindig. Tydgewys het net ''n sekonde die twee geskei. Derde was Rainhold Hilifa (4:23) van die Hardapstreek.

Vir Nampol was dit ''n dag met ''n handvol prestasies. Van die eerste ses plekke in die senior wedlope vir mans en vroue het Nampol-atlete met vyf weggestap.

In die wedloop vir senior vroue het Nampol-atlete die eerste drie plekke ingeneem. Hulle was Nangula Ekandjo (5:01), Lavinia Haitope (5:03) en Salmi Nduviteko (5:80).

Die tye was nogtans prestasies onder die omstandighede. Alle eer kom Bethold Karumendu, sportbeampte van die Erongostreek, toe oor die wyse waarop hy die byeenkoms van vroegdag gedryf het om klaar te maak voordat die hittegraad soos Donderdag en Vrydag al hier teen die middaguur die kerf van 40 grade C oorskry het.

Dit was net vir aantree en hol en hiermee het hy sowat ''n halfuur op die program gewen.

Een rekord het wel gespat. Vanjaar was daar 1 040 inskrywings met 947 wat deelgeneem het. Die duisendtal is in die vierde jaar van die myl bereik nadat sowat 650 straatmylatlete verlede jaar aangetree het.

Onder vanjaar se deelnemers was daar ''n horde uit die noordelike streke, maar ook ses drawwers van Botswana wat hulle aangemeld het.



Die ander uitslae was:

Meesters mans bo 50 jaar: 1. Kristopf Ndunga (Windhoek, 5:20), 2. George Mokuahima (Arandis), 3. Lelekeng Alloysious (Omaheke).

Vroue meesters bo 50 jaar: 1. Emilie Nambahu (Khomas, 9:34), 2. Christofine Moses (Omaruru), 3. Lucia Hamphries (Omaruru).

Veterane mans 40 tot 49 jaar: 1. Gabriel Shimi (Khomas, 4:47), 2. Salomon David (Khomas), 3. Thikonde Bonatus (Kavango)

Veterane vroue 40 tot 49 jaar: 1. Sieglinde Gontes (Swakop Striders, 6:39), 2. Elfriede Naobes (Tubusis), 3. Eva Shihepo (Windhoek).

Junior mans: 1. David Dam (Omatjet­te, 4:29), 2. Alaster Bagopi (Botswana), 3. Daniel Paulus (Ohangwena).

Junior vroue: 1. Saara Martin (Oshana, 5:21), 2. Bumeni Ndinelao (Ohangwena), 3. Linda Johannes (Ohangwena).

Primêre skoolmeisies: 1. Uatjivua Tjihoreko (Omaheke, 5:48), 2. Ndjembo Zitha (Kavango), 3. Rebecca Kampanza (Kavango).

Primêre skoolseuns: 1. Haitana Kiora (Kavango-Wes), 2. Moses Tjivinde (Oshikoto), 3. Michael Paulus (Erongo).

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!