Druiwe-misoes: Verlies van byna N$5,9 miljoen
Die swaar reënneerslae in die Suide wat 'n pyplyn weggespoel het, kry die skuld dat sommige vrugte nie by die Nautedam-besproeiingsprojek geoes kon word nie.
Elizabeth Joseph op Keetmanshoop - Die projekbestuurder van die Agentskap vir Nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida), mnr. Simon Akwenye, het bevestig dat hulle nie tot dusver sommige van hul vrugte van hul plantasie by die Nautedam-besproeiingskema naby Keetmanshoop weens verskeie hindernisse kon oes nie.
Dit volg nadat bronne onthul het die projek se druiwe, asook ander vrugtebome wat oor 54 hektaar strek, is nie geoes nie.
Die gevolg was dat vrugte gevrot het en dit het tot minder uitvoere en massiewe verliese gelei.
Die vrugte is op 15 Januarie geoes met die normale oestyd wat elke seisoen tussen 15 November en 15 Januarie plaasvind.
Die beraamde verlies vir die afgelope seisoen is volgens 'n verslag van Nida byna N$5,9 miljoen.
Akwenye het gesê weens die swaar reënneerslae die afgelope maand in die Suide, het die hoofpyplyne weggespoel wat veroorsaak het dat geen water na die wingerde kon vloei nie.
“Ons het tans geoes en uitgevoer wat ons kon. In hierdie geval moet ons die pyplyn spoedig herstel en dit is byna voltooi, as niks anders voorval nie,” het Akwenye gesê.
Die druiwe wat geoes, maar nie vir uitvoer geskik is nie, word tans aan plaaslike handelaars verkoop.
Nida het bygevoeg sommige van die druiwe wat nie vir uitvoer geskik is nie en uitskotvrugte is, is aan Naute Kristal gegee deur 'n gesamentlike vennootskap om jenewer en alkohol te vervaardig. Ander is vir rosyntjies vir die plaaslike mark gedroog.
Die druiwe wat nog aan die boorde hang, sal geoes, gedroog en as rosyntjies verkoop word.
Volgens Nida se senior bestuurder vir korporatiewe dienste, mnr. Wessel !Naruseb, het die agentskap daarin geslaag om die produkte vir die plaaslike mark deur direkte verkope aan handelaars en die publiek te herlei.
“Druiwe wat nie direk op die plaaslike mark verkoop kon word nie, is na die gesamentlike vennootskap herlei wat eksotiese drank en jenewer vervaardig wat na internasionale markte uitgevoer word.
“Die oorblywende druiwe wat nie in die hoofstroommarkte of die gesamentlike vennootskap gebruik kan word nie, word as byprodukte in die vorm van rosyntjies gebruik. Hierdie rosyntjies word aan die publiek verkoop,” het !Naruseb gesê.
Nida het gesê hulle het waardevolle lesse tydens die oesseisoen geleer.
“Ons erken dat klimaatsverandering 'n realiteit is en daarom beoog die agentskap om vroeë waarskuwingstelsels te installeer om nadelige weersomstandighede te monitor. Maatreëls en instrumente sal geïmplementeer word om die impak van klimaatsverandering te verminder,” het !Naruseb bygevoeg.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie