‘Druk’ om Zim-beroepslui se visas te hernu
Die ministerie van binnelandse sake moet nog oorweeg of hulle die werkpermitte sal verleng van die buitelanders wie se kontrakte binnekort verstryk.
Catherine Sasman - Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie is na bewering “onder druk” van sekere werknemers van die ministerie van werke en vervoer om die kontrakte van al 88 Zimbabwiërs te hernu wat steeds in diens van dié ministerie is.
Bronne vanuit die ministerie sê diegene wat druk uitoefen vir die hernuwing van die kontrakte doen dit om saam met die ander voordeel te trek.
Gerugte doen die ronde dat die ministerie van binnelandse sake en immigrasie reeds nuwe werkspermitte vir die Zimbabwiërs verwerk het, maar mnr. Patrick Nandago, die permanente sekretaris van die departement van binnelandse sake en immigrasie, is glo steeds besig om die aansoeke te oorweeg.
“Die uiteindelike verantwoordelikheid berus by hom,” het ’n bron in die ministerie gesê.
“Hernuwing van werkspermitte maak egter nie sin nie omdat die Zimbabwiërs tans by geen projekte werksaam is nie. Hier is nie werk vir hulle óf vir ons nie. Enige hernuwing sal ons ekonomie verder dreineer.”
Die versoek aan die ministerie van binnelandse sake word bevraagteken, veral omdat die meeste van die Zimbabwiërs se verlengde kontrakte aan die einde van die maand verstryk.
Dit is nadat hul kontrakte in Junie reeds met drie maande verleng is.
Die permanente sekretaris van die ministerie van werke en vervoer, mnr. Willem Goeieman, wou nie kommentaar lewer oor die aansoeke vir werkspermitte nie, en het net gesê hy moet eers met personeel by die ministerie konsulteer.
WATER VAN DIE TROG
Intussen is gesien sommige van die Zimbabwiese beroepslui help hulself aan gellings water by die hoofkantoor van die ministerie van werke en vervoer, sowel as van die krane buite die nabygeleë Paaieowerheid (RA) se kantoor.
Namibiese personeel wat hul oë nie kan glo nie, het gesê dít gebeur reeds die afgelope twee weke.
“Wat gaan hier aan?” het een Namibiese personeellid gevra.
“Dit is asof hierdie Zimbabwiërs in die hemel lewe.”
Die aantreklike pakkette vir Zimbabwiërs sluit behuising, sowel as huurtoelae wat water en elektrisiteit dek, in.
Volgens bronne is niemand wat water in groot houers wegdra, tot dusver gekonfronteer of gekeer nie - ten spyte daarvan dat polisiebeamptes wat by die ontvangs van die ministerie se hoofkantoor diens doen, van die probleem verwittig is.
Van die Zimbabwiese beroepslui is na bewering uit hul huise, wat deur die regering verskaf word, geskop omdat hulle nie huur betaal het nie.
Baie van hierdie jong beroepsmense verkies glo om geld na hul families in Zimbabwe te stuur in plaas daarvan om dit hier te spandeer.
DIE OU OOREENKOMS
Die Zimbabwiese beroepslui is aan die ministerie van werke verbonde nadat ’n ooreenkoms tussen die voormalige president Hifikepunye Pohamba en president Robert Mugabe in 2012 aangegaan is.
Die ooreenkoms het in Junie verstryk en ’n nuwe een word nog oorweeg.
As gevolg van die omstredenheid rondom die posisies van die jong Zimbabwiese beroepslui, het tegniese personeel by die departement van werke voorgestel die Namibiese regering moet versigtiger wees wanneer hulle ’n nuwe ooreenkoms oorweeg.
“Die afgelope vyf jaar het die program nog nie enige resultate opgelewer nie. Sedert Junie verlede jaar was daar nog nie enige aktiewe projekte nie. Die Zimbabwiërs is net hier om te eet,” het ’n bron by die ministerie gesê.
Die 2012-ooreenkoms was ’n “projek van sekondering van professionele personeel op die gebied van infrastruktuurontwikkeling en instandhouding van die Regering van die Republiek van Zimbabwe”.
Dit moet vir vyf jaar van krag bly en sal daarna “hernu word” vir ’n verdere vyf jaar “op ’n slag, maar mag beëindig word” deur enige van die partye met ses maande se kennisgewing deur diplomatieke kanale.
In ooreenstemming met hierdie ooreenkoms moes 23 argitekte, 20 bourekenaars, 21 siviele of strukturele ingenieurs, 17 elektriese ingenieurs en 16 meganiese ingenieurs deur die ministerie van werke gesekondeer word.
Zimbabwe sou dié beroepslui stuur “met die doel om infrastruktuur-, ontwikkeling- en instandhoudingsprojekte te implementeer”.
Namibië sou die helfte van hul finansiële, akkommodasie- en vervoerkoste dek en ook verantwoordelik wees vir ten minste een besigheidsklas-vliegkaartjie vir die beroepslui en hul gesinne van Zimbabwe af na Namibië en terug.
Daar was ’n formele onderneming dat Namibiese beroepslui “wanneer beskikbaar” die Zimbabwiërs sou oplei.
Bronne in die binnekringe sê daar was nie ’n enkele Namibiër wat as gelyke saam met die ewe jong en onervare Zimbabwiërs gewerk het nie, en dié wat wel aangestel is, is slegs tydelik as assistente vir die uitlanders in diens geneem.
Die Zimbabwiërs moes ook indiensopleiding aan Namibiërs verskaf, terwyl Namibië die Zimbabwiërs moes help om die relevante dokumente van die ministerie van binnelandse sake te bekom, hulle moes help om by plaaslike beroepsliggame te registreer en om hul kinders by skole te registreer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie