Druk op Fillon om te onttrek
Frankryk
Druk neem toe op die Franse presidentskandidaat, Francois Fillon, om hom aan die verkiesing te onttrek.
Selfs wetgewers uit sy eie kamp raai hom nou aan om die kandidatuur te laat vaar in die lig van die “kamma-werkskandaal” wat die konserwatiewes die verkiesing kan kos.
Die voormalige eerste minister het volgens 'n Franse koerant sy vrou, Penelope, ongeveer 600 000 euro's (sowat N$8,7 miljoen) vir werk betaal wat sy nie gedoen het nie.
Fillon het Woensdag 'n noodvergadering met swaargewigte in sy party belê, waarin hy vir hul voortgesette steun gevra het oor die volgende twee weke, waartydens 'n amptelike voorlopige ondersoek na die aangeleentheid afgehandel sal word. Nampa/AFP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie