Dry, Specman haal wêreldreeks se droomspan
Sewesrugby
Francois de Wet - Chris Dry en Rosko Specman, wat die afgelope ses maande merkwaardige bydraes tot die Blitsbokke se sukses gelewer het, is elk met 'n plek in die Wêreldreeks se droomspan vir die 2016-'17-seisoen beloon.
Die Blitsbokke is Sondag in Londen as die amptelike kampioenspan vir die seisoen gekroon, nadat hulle vyf toernooie gewen en in agt van die tien toernooie se eindstryde gespeel het.
Dry het die reeks as een van die beste verdedigers afgesluit met 152 suksesvolle duikslae. Net sy kaptein, Philip Snyman, met 158 plettervatte en Amerika se Stephen Tomasin met 156 het hom in die lakwerk oorskadu.
Dié voorspeler het vanjaar sy waarde op die aanval bewys deur 19 drieë te gaan druk. Hy het ook in al tien toernooie in die reeks (59 wedstryde) gespeel.
Specman het op sy beurt 20 drieë vir die Blitsbokke gedruk en dit kon selfs meer gewees het as hy nie weens 'n besering die toernooie in Hongkong en Singapoer misgeloop het nie.
Verskeie van Specman se drieë in die reeks was invloedryk en het tot Blitsbok-seges gelei.
Dié boorling van Grahamstad word ook as een van verskeie Blitsbokke beskou wat die nodige vonk as plaasvervanger kan verskaf en op enige plek in die Blitsbok-agterlyn kan speel.
Die res van die droomspan is twee Fidjiane (Kalione Nasoko en Jerry Tuwai), twee Amerikaners (Danny Barrett en Perry Baker) asook Engeland se Dan Norton. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie