Drywer besteel glo bekende avontuurgroep
Ronelle Rademeyer - Die toermaatskappy Nomad Adventure Tours gaan vandag (Vrydag 25 Nov) ’n klag by die polisie teen ’n Namibiese toerbusdrywer indien wat na bewering toerusting van sowat N$40 000 gesteel het.
Mnr. Buks Griesel, gidsbestuurder by Nomad Adventure Tours se hoofkantoor in Somerset-Wes in die Wes-Kaap, sê die toergids was veronderstel om een van die maatskappy se toerbusse van Vic Falls af na Somerset-Wes te neem, maar het nooit in die Kaap aangekom nie.
“Hy het verlede Saterdag (18 November) van Vic Falls af vertrek en was veronderstel om Maandag die toerbus in Somerset-Wes te besorg. Hy het egter nooit by ons aangekom nie.”
Griesel sê hy het later deur middel van die opsporingstelsel op die bus vasgestel dit staan by die busdepot in Windhoek, wat Nomad normaalweg gebruik om sy busse tussen toere te parkeer.
“Ek het ’n ander drywer gestuur om ondersoek in te stel en hy het laat weet dat al die toerusting soos spaarwiele, tenks en gereedskap uit die toerbus verwyder is.”
Volgens Griesel beloop die waarde van die toerusting sowat N$40 000.
Hy sê intussen is daar steeds geen taal of tyding van die drywer wat nie sy opdrag nagekom het nie.
“Ons het geen ander opsie as om Vrydag (vandag) ’n klag van diefstal by die polisie in te dien nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie