Dís die seuntjie wat nie Harry se baard kon weerstaan
Die seuntjie van Dubbo in Australië wat gedoen het wat baie mense graag sou wou toe hy prins Harry se baard gestreel het, het harte oor die wêreld heen gesteel. Die tydskrif People berig Luke Vincent is gevra om blomme aan die koninklikes te oorhandig, maar het vinnig van plan verander toe hy die prins se baard sien. Anne van Dartel, hoof van die Buninyong Public School, wat saam met Luke daar was, het paniekerig geraak. "Daar vat hy aan 'n lid van die koninklike familie!" het Van Dartel benoud gedink. Daar was egter geen rede tot kommer nie. Prins Harry was die vriendelikheid vanself en het ook sy vrou, Meghan, hertogin van Sussex, nader geroep vir 'n goeie dosis liefde! Luke is mal oor Kersvader. "Nou het hy 'n nuwe held," het Van Dartel gesê.
Foto Netwerk24/AP
Foto Netwerk24/AP
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie