Dís hoekom ongelukstatistieke verskil
Tanja Bause – Die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) het ’n verklaring aangebied vir die verskil tussen hul ongelukstatistieke en dié van die Nasionale Padveiligheidsraad (NRSC).
Volgens me. Rosalia Martins-Hausiku, die MVAF se uitvoerende hoof, teken die fonds slegs ongelukke aan wat beserings of sterftes tot gevolg gehad het.
“Ons doen dit omdat dié ongelukke vir verdere eishanterings kwalifiseer. Die fonds stel nie belang in ongelukke waarin twee voertuie byvoorbeeld buffer teen buffer gebots het nie,” het sy gesê.
Die MVAF teken ongelukke statisties aan sodra die nooddienste deur hul 24 uur-inbelsentrum na ’n toneel ontbied word.
“Die NRSC kry hul statistieke van die Namibiese polisie af, wat elke ongeluk insluit - ook as daar geen beserings of sterftes was nie. Die polisie doen hul opnames op die ongelukstoneel en definieer sterftes as dié wat binne 24 uur voorkom ná die ongeluk plaasgevind het,” het Martins-Hausiku gesê.
“Die MVAF volg die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se internasionale verslagdoeningstandaarde, wat sterftes definieer as diegene wat binne 30 dae ná die ongeluk voorkom.
“Soms is mense tydens ’n ongeluk beseer, maar hulle sterf eers heelwat later in die hospitaal. Die MVAF moet steeds vir die begrafnis betaal, so ons voeg dit by ons statistieke.
“Dít is die enigste rede hoekom die twee instansies se ongelukstatistieke so drasties verskil,” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie