Dís wat borskanker jou kan kos
Elvira Wood - As jou dokter die medisyne Herceptin vir borskanker voorgeskryf het, kan jy R500 000 in een jaar net vir jou medikasie betaal.
Na gelang van die dosis kan dit selfs méér wees.
Dit is luidens die versekeringsarm van Momentum, wat sê kanker is een van die grootste redes vir eise op lewens- en ongeskiktheidsversekering.
Momentum sê in 2018 het sy Retail Life Insurance R4 miljard se eise uitbetaal. Bykans 60% van dié geld is vir eise weens óf kanker óf kardiovaskulêre siektes uitbetaal.
Momentum sê hy kan uit sy statistieke sien dat wanneer dit by kanker kom, is veral borskanker by vroue 'n probleem.
En dit is 'n siekte wat vroeg reeds kan toeslaan. Momentum se statistieke wys dat bykans 50% van vroue wat met borskanker gediagnoseer is, tussen 30 en 49 jaar oud is.
George Kolbe, hoof van bemarking vir Momentum Retail Life Insurance, sê dit is dus noodsaaklik dat mense die regte versekering het om kostes wat met dié en ander gevreesde siektes verband hou te kan dek.
Hoewel Momentum nie sê wat die presiese oorsaak vir die uitbetaling vir sy grootste eise in 2018 was nie, sê hy wel wat die grootste bedrae was wat hy vir enkele eise betaal het:
• Lewensversekering: R45 miljoen
• Kritiese siekte: R3 miljoen
• Ongeskiktheid: R4 miljoen
Momentum se bevinding dat kanker, en veral borskanker, 'n groot probleem in Suid-Afrika is, stem ooreen met die statistieke van ander versekeraars.
Wat betref enkelbedrag-ongeskiktheidseise was kanker ook die grootste rede vir uitbetalings by Sanlam en Liberty.
Mans het meestal vir prostaatkanker en vroue vir borskanker geëis. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie