DSAN kry eie kantoor
Die Downsindroomvereniging van Namibië (DSAN), wat in 2012 gestig is, het nou hul eie kantoor by die Môreson Skool vir gestremdes in Khomasdal. Me. Eline van der Linden van DSAN het gesê die kantoor stel ouers en versorgers van kinders met downsindroom in staat om met DSAN in verbinding te tree. “Die kantoor sal ook as basis gebruik word vanwaar vrywilligers kan werk en vanwaar hulle bestuur word.” Tans is daar 44 vrywilligers wat deurlopende terugvoering en verslae aan die kantoor verskaf. Die kantoor sal ook vir die opleiding van vrywilligers gebruik word en om die databasis van lede aktief te hou. Vir meer inligting oor DSAN, skakel 081 242 2302 of besoek [email protected]. In die foto is mee. Justice Haikela, die uitvoerende komitee se kantooradministreerder en Anita Manthe, onderwyskoördineerder van DSAN, in hul nuwe kantoor. Foto Tanja Bause
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie