DStv erken belang van Namibiese TV-inhoud
DStv erken belang van Namibiese TV-inhoud

DStv erken belang van Namibiese TV-inhoud

Dani Booysen
MultiChoice Namibia is bereid om N$4 miljoen per jaar by te dra tot die bevordering van Namibiese inhoud op die groep se betaal-TV kanale
Die aanbod is gemaak toe die voorgenome uitsaaikode vir Namibië vanmiddag vir die derde keer die afgelope jare bespreek is.
Hierdie openbare verhoor is deur Cran, die kommunikasiewaghond byeengeroep.
Kwotas vir plaaslike inhoud is in die nuwe weergawe van die kode verlaag. Sport was dusver nie erken as plaaslike inhoud nie, maar die oorsig sal reggestel word.
Perke op die hoeveelheid advertensies is vir nou uit die kode verwyder.
Mnr. Festus Mbandeka van Cran het gesê deursigtigheid en verantwoording is van groot belang omdat uitsaai-inhoud 'n saak van openbare belang is.
Unesco en die Redakteursforum van Namibië (EFN) het opnuut eerder 'n kombinasie van selfregulering en staatstoesig bepleit.
Volgens 'n regskenner van MultiChoice uit Suid-Afrika is die kode in sy huidige vorm nie lewensvatbaar nie, uiters onprakties, dit verstaan nie kykers se vryheid van keuse nie en sal DStv geldelik ernstig benadeel. Die kode verwag van dié vastelandwye TV-reus om 15% van geld beskikbaar vir die aankoop van inhoud in Namibiese inhoud te belê.
Plaaslike inhoudkwotas is as volg gewysig: 45% vir die NBC, 50% vir kommersiële radio en TV en 60% vir gemeenskapsuitsaaiers.
One Africa TV het betwis hoekom die staatsgefinansierde uitsaaier aan 'n laer kwota moet voldoen. Hulle het ook die peperduur koste van plaaslike produksie - sonder subsidies - benadruk.
Mbandeka het verseker dat alle nuwe insette en besware opnuut oorweeg sal word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!